Vraag: KRY NIE WERK OOR TRONKREKORD
Ek is ’n geskeide vrou wie se kinders van haar weggeneem is. Hulle is in ’n weeshuis. My eksman betaal nie onderhoud nie.

Ek probeer ’n nuwe lewe begin. Voor ek my kinders kan terugkry, moet ek ’n werk hê. Maar ek soek al langer as ’n jaar werk en niemand wil my help nie.

Die probleem is dat ek lank gelede in die gevangenis was. Selfs al was dit 20 jaar gelede, betaal ek steeds die prys daarvoor.

Wat moet ek doen?
Deur: Anonymous01 November 2018 3955 keer gelees
Antwoord
Doen by die direkteur-generaal van justisie aansoek dat jou misdaadrekord geskrap word. 

Jy moet aan sekere vereistes voldoen. Eerstens moes 10 jaar verloop het vandat jy aan ’n misdaad skuldig bevind is. 

Tweedens moet die misdaad geensins verband hou met ’n seksuele misdryf teen ’n minderjarige of iemand wat verstandelik onbevoeg is nie. 

Derdens moes geen tweede skuldigbevinding en tronkstraf sonder die keuse van ’n boete binne dié 10 jaar plaasgevind het nie. 

Besoek jou plaaslike polisiekantoor en doen aansoek om ’n sertifikaat wat bevestig jou laaste skuldigbevinding was 10 jaar gelede. 

Die polisie sal hierdie sertifikaat van die misdaadrekordsentrum aanvra. 

Dan moet jy die polisie vra vir die aansoekvorm om jou rekord te laat skrap. 

Jy moet dit voltooi en saam met die misdaadrekordsentrum se sertifikaat aan die direkteur-generaal van justisie pos of faks. 

Die adres en kontakbesonderhede verskyn op die aansoekvorm. 

Die direkteur-generaal sal dan jou aansoek oorweeg en besluit of jou rekord geskrap kan word. 

Die vorms kan ook by justice.gov.za verkry word. 

Bel 012-315-1111. Regsorganisasies kan ook teen ’n tarief die skrapping behartig. 

Gesels weer met die welsynwerker wat met jou kinders se plasing werk. 

Hoor wat jy kan doen om onderhoud by die pa te kry.
01 November 2018
Kyk in die indeks van onderwerpe om vas te stel of jou vraag nie reeds beantwoord is nie. Liewe Elize kan ongelukkig nie alle vrae beantwoord nie. Van die lesersvrae sal ook in Huisgenoot-tydskrif verskyn en daar beantwoord word.
20 Mei 2021 Jongste uitgawe

Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.

TEKEN IN
Nuusbrief & kosnuusbrief

Teken in vir ons daaglikse nuusbrief & weeklikse kosnuusbrief!

TEKEN IN
Pasmaats
Môre is n Geheim
Môre is n Geheim
Ek glo die belangrikste resep vir n suksesvolle huwelik, is nie alleen om die regte huweliksmaat te kies nie, maar om bo alles om die regte huweliksmaat te wees. Vandag wil ek...
Besigtig profiel
Ons wil jou storie hoor
Het jy 'n storie van hoop, 'n besondere lewensles, 'n vreemde ervaring, lekkerlag-staaltjie of sommer net iets wat jy op die hart het.
DEEL JOU STORIE