Vraag: LANG VINGERS? NIE EK NIE!
My oupa beskuldig my daarvan dat ek van hom steel. Ons kuier elke naweek by hom en ek moes dit nou al telkens aanhoor. Hy is al baie oud en dra ’n gehoorstuk. Ek is nog in my laaste jaar op skool. Ek het regtig nog nooit so iets gedoen nie.
Deur: Anonymous27 November 2020 4127 keer gelees
Antwoord
Vra jou ouers of ’n toestand soos demensie of alzheimers dalk by jou oupa gediagnoseer is wat sy geheue aantas. Dit sal maak dat hy maklik vergeet wat hy met voorwerpe soos sy gehoorstuk of geld doen.
Dit is dan die maklikste om vinger te wys na iemand na aan hom wat hy dalk as ’n vreemdeling beskou. Dit kan gebeur dat jy hierdie vreemdeling in sy oë is omdat hy jou nie elke dag sien nie.
Hy doen dit nie om jou seer te maak nie. As hy wel ’n geheuesiekte het, kan hy op hierdie manier probeer sin maak uit iets wat angs by hom veroorsaak.
Hoe moeilik dit ook al is, jy sal in hierdie omstandighede ’n plan moet maak. Al is hy die ouer mens, sal jy vir hom moet dink. Die eerste stap as hy weer so ’n aantyging maak, is om kalm te bly en jouself te herinner dat jy dit nie persoonlik moet opneem nie. Moenie met hom daaroor stry nie, want dit gaan hom net meer ontstel. Moet ook nie wegstap nie.
Laat hom klaar praat en neem hom dan na ’n rustige omgewing. Moenie probeer om hom te laat onthou waar hy dalk laas die voorwerp gesien het nie. Hy kan waarskynlik nie meer so maklik terugdink soos jy nie.
Gee antwoorde op sy vrae en jou eie kort verduideliking van wat dalk met die voorwerp kon gebeur het. Laat hy ’n rukkie toekyk hoe jy daarna soek. As jy dit nie kan kry nie, trek sy aandag af deur vir hom iets te ete of te drinke aan te bied.
Vra jou ouers om hom na ’n dokter of kliniek te neem waar ’n deeglike onder­soek kan uitwys of hy moontlik ’n geheuesiekte het. Dan kan julle betyds reëlings tref vir sy versorging in die toekoms.
27 November 2020
Kyk in die indeks van onderwerpe om vas te stel of jou vraag nie reeds beantwoord is nie. Liewe Elize kan ongelukkig nie alle vrae beantwoord nie. Van die lesersvrae sal ook in Huisgenoot-tydskrif verskyn en daar beantwoord word.
16 September 2021 Jongste uitgawe

Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.

TEKEN IN
Nuusbrief & kosnuusbrief

Teken in vir ons daaglikse nuusbrief & weeklikse kosnuusbrief!

TEKEN IN
Pasmaats
""Chemistry is the essence of intimacy's""
""Chemistry is the essence of intimacy's""
Wat jy sien is wat jy kry! Geld kan nie liefde , styl en integriteit koop nie! ''Elke man se droom is - om n vrou te Adore!!"
Besigtig profiel
Ons wil jou storie hoor
Het jy 'n storie van hoop, 'n besondere lewensles, 'n vreemde ervaring, lekkerlag-staaltjie of sommer net iets wat jy op die hart het.
DEEL JOU STORIE