Vraag: LEEF IN VREES VIR HAAR MAN
Ek is 40. Ná ’n verhouding van 12 jaar het ek in 2013 besluit om met die man te trou, al het ek geweet hy is ’n vark.
Nou wil ek skei, maar hy dreig my. Ek het ’n onderneming, maar hy sorg dat ek met die minste klaarkom.
Hy gebruik die geld vir drank en gee dit op ander vroue uit. Hy vloek my en beskuldig my van egbreuk.
Ek het besluit dit is nou genoeg. Hy bly saam met my en my kinders by my ma. Sy is ’n pensioentrekker en hy skuld haar geld.
Ek bly by hom, want ek hoop hy sal haar terugbetaal.
Ek leef in vrees, want selfs ’n interdik keer hom nie. Ek het hom al soveel kere laat toesluit. Hy het al my seun aangerand.
Wat stel jy voor doen ek?

Deur: Polka20 September 2018
3874 keer gelees
Antwoord
Hierdie gevaarlike situasie waarin jy is, gaan nie verbeter nie, tensy jy ’n kundige mens kry om jou te help.
30 Oktober 2018
Tot dusver kon jy dit nie regkry om van jou man weg te kom en die bose kringloop te verbreek nie, want jy moes alles op jou eie doen sonder enige leiding en steun.
Die pyn van die mishandeling breek jou selfvertroue af; daarom sukkel jy om die opsies raak te sien wat jy het. Jy kan nie langer wag nie, want jou lewe en dié van ander kan op die spel wees.
Vra vriende en familie om jou te ondersteun deur jou ma tydelik ’n veilige hawe te bied. Dan sal jy makliker besluite kan neem.
Jy kan veel later met die skuld ’n plan maak wanneer jy regsadvies kry.
Sorg dat jy eers uitkom by ’n organisasie soos People Opposing Women Absue (Powa) (011-642-4345), wat raad gee vir weerlose vroue wat in mishandeling vasgevang is, of kom in verbinding met ’n welsynwerker deur jou kerk.
Dié kan jou help om saam met jou kinders na ’n veilige skuilhuis te gaan sodat jy weer op jou voete kan kom en die nodige regstappe kan doen.
Baie sterkte.
Kyk in die indeks van onderwerpe om vas te stel of jou vraag nie reeds beantwoord is nie. Liewe Elize kan ongelukkig nie alle vrae beantwoord nie. Van die lesersvrae sal ook in Huisgenoot-tydskrif verskyn en daar beantwoord word.
4 Maart 2021
Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
TEKEN INPasmaats

Kom saam met my.......
Ek is sag ek is sensitief ek is liefdevol gee om vir ander so vriendlik kan ek ook die teenooorgestelde wees
Besigtig profiel