Vraag: LEEF SWAAR MET DRANKDUIWEL
My man drink baie, en dan is hy ongeduldig met my. Ek mag veral nie laat kom nie. As ek ’n paar minute laat is, dan vloek en skree hy op my. Wat moet ek doen? Ek kan nie hier uitkom nie.
Deur: Anonymous07 September 2020 5202 keer gelees
Antwoord
Die antwoord lê nie in wat jy moet doen nie, maar wat hy moet doen. ’n Mens kan nie jou hele lewe lank katvoet loop nie! Maar ek en jy is albei prakties genoeg om te weet dat dit nie sal help om hom by ’n huisdokter of rehabilitasiesentrum te probeer kry nie. Jy en andere het dit seker al male sonder tal probeer.
Soos jy sê, jy het nie veel opsies nie. Maar as jy jouself bemagtig, sal jy meer geleenthede vir jouself kan raaksien en die lewe vir jou makliker maak.
Daarom stel ek voor dat jy ’n berader by ’n kliniek of jou kerk gaan spreek. Jy kan ook gerus gebruik maak van ’n hulp­lyn vir die geliefdes van alkoholiste soos Al Anon (0861-252-666).
Jou moedeloosheid spruit daaruit dat jy te min begrip en steun kry. By ’n steungroep soos dié is almal in dieselfde bootjie en niemand sal jou oordeel nie.
Intussen kan jy jou situasie bestuur deur jou optrede aan te pas om sy gedrag te laat verander.
Skryf neer watter dinge pla hom, soos die laatkommery, en beplan hoe jy jouself kan bemagtig om dit te verander.
Nie net die alkoholis se pyn nie, maar ook sy geliefdes s’n moet genees word en hul persoonlike herstel moet aandag kry.
Jy hoef nie vir hom te wag om met jou eie pad na herstel te begin nie.
07 September 2020
Kyk in die indeks van onderwerpe om vas te stel of jou vraag nie reeds beantwoord is nie. Liewe Elize kan ongelukkig nie alle vrae beantwoord nie. Van die lesersvrae sal ook in Huisgenoot-tydskrif verskyn en daar beantwoord word.
16 September 2021 Jongste uitgawe

Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.

TEKEN IN
Nuusbrief & kosnuusbrief

Teken in vir ons daaglikse nuusbrief & weeklikse kosnuusbrief!

TEKEN IN
Pasmaats
Twee is beter as een, kom ons probeer
Twee is beter as een, kom ons probeer
Ek is eerlik, hardwerkend en het n passie vir kamp en die buitelewe. Ek geniet musiek, braaivleis en kuier. Baie kompiteerend en gee altyd my beste. Ek is lief vir die lewe en...
Besigtig profiel
Ons wil jou storie hoor
Het jy 'n storie van hoop, 'n besondere lewensles, 'n vreemde ervaring, lekkerlag-staaltjie of sommer net iets wat jy op die hart het.
DEEL JOU STORIE