Vraag: LEI VALS LEWE TER WILLE VAN KIND
Ek en my man het nou al te veel sakke sout saam opgeëet. In ons jare lange huwelik het hy verskeie ander verhoudings gehad. Verder is hy ’n alkoholis en aan pornografie verslaaf.

Ek wil skei, maar ons het ’n pragtige kind wat gebroke hieroor sal wees. Finansieel sal dit ook swaar met ons twee alleen gaan.

Boonop sal dit onmoontlik vir my wees om my kind, al ’n tiener, naweke in die sorg van ’n alkoholis te los.

Ek leef ’n vals lewe, asof niks fout is nie. Wat maak ’n mens tog?
Deur: L in E25 Januarie 2019 15434 keer gelees
Antwoord
Moet vir geen oomblik dink jou voorgeelewe bluf jou kind nie. Kinders het emosionele Richter­skale wat die fynste nuanses in verhoudings in die huis registreer. 

Kinders moet gesonde verhoudings, wat op vertroue gegrond is, tussen hul ouers kan waarneem. Al weet jou kind nie wat fout is nie, wéét hy of sy alles is nie pluis in jul huis nie. 

Dikwels is die kinders van alkoholiste vol wrokke, ook teenoor die ander ouer oor lewensbesluite wat dié nagelaat het om te neem. Hulle kan ook haatdraend wees teenoor die verslaafde ouer, omdat hulle voel dié was nie lief genoeg vir hulle om te verander nie. 

Is dit waarlik die nalatenskap wat jy jou kind gun?

As jy jouself begin afvra of jy ’n huweliksmaat moet los wat ’n drankslaaf is, is dit tyd dat jy vir berading gaan. 

Dit sal jou help om jou eie optrede beter te verstaan, gesonde perke te stel en nuwe keuses te maak. 
As jy wel met die huwelik wil voortgaan, moet jy dit ernstig oorweeg om professionele hulp met jou man se verslawing te kry. 

Sonder ’n ingryping soos dié van ’n rehabilitasie- of buitepasiënteprogram sal sy gedrag nie verander nie. 

Skakel die Christelike Afhanklikheidsdiens vir leiding hieroor by 082-571-5472, of stuur e-pos na rene@saampro.co.za.
25 Januarie 2019
Kyk in die indeks van onderwerpe om vas te stel of jou vraag nie reeds beantwoord is nie. Liewe Elize kan ongelukkig nie alle vrae beantwoord nie. Van die lesersvrae sal ook in Huisgenoot-tydskrif verskyn en daar beantwoord word.
17 Oktober 2019 Jongste uitgawe

Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.

TEKEN IN
Nuusbrief & kosnuusbrief

Teken in vir ons daaglikse nuusbrief & weeklikse kosnuusbrief!

TEKEN IN
Pasmaats
Opwekkend en lewenlustig
Opwekkend en lewenlustig
Lewenslustig altyd bok vir sports Hou van goeie gesels en kuier, Hou Gladnie konflik tussen persone nie Hou van motorkarre regte maak Hou van dans, see en natuur Wil n gevestige...
Besigtig profiel
Ons wil jou storie hoor
Het jy 'n storie van hoop, 'n besondere lewensles, 'n vreemde ervaring, lekkerlag-staaltjie of sommer net iets wat jy op die hart het.
DEEL JOU STORIE