Vraag: MA VERDRA DRONK, ONTROUE MAN
My pa is ’n alkoholis. Die eintlike probleem is dat hy gedurig op sy foon is. Om verskeie redes vermoed ek dat hy op sy foon met ander vroue gesels.

My ma wil hom nie daaroor aanvat nie omdat sy te bang is. Die hele situasie is ’n slegte voorbeeld vir my tienersussie.

Al is ek al uit die huis, is ek nog van my ouers afhanklik vir geldelike bystand omdat my salaris maar klein is.

Wat moet ek doen?
Deur: Bekommerd11 September 2018 4086 keer gelees
Antwoord
Jy kan jouself nie deurlopend ontstel en jou lewe inrig rondom iets en iemand wat jy nie kan verander nie. 

Nie eens jou ma kon dit regkry nie. Sy het dalk probeer, maar het moontlik weens jou pa se aggressie oor sy drankprobleem tou opgegooi.

Wat jy wel kan doen, is om jou ma en suster te bemagtig om iets vir hulself te doen en om iets vir jouself te doen. Alkoholiste is selfsugtig en manipulerend. 

As jy van jou pa se ekstra geld afhanklik gaan bly, gaan hy jou altyd kan dwing om sy slegte gedrag te verdra. 

Kinders van alkoholiste het dikwels min selfvertroue en voel hul lewe is buite beheer. Plaas jouself geleidelik in 'n posisie waar jy nie meer geld van hom hoef te ontvang nie en jy hom kan vertel dat jy sy gedrag afkeur. Dit sal jou ook meer in beheer laat voel. 

Kinders van alkoholiste is dikwels eensaam. Hulle ervaar verwarrende emosies, soos haat en liefde teenoor hul alkoholis-ouer. 

Besoek steeds jou suster en ma en laat hulle jou ook besoek. Verminder jou kontak met jou pa en skep 'n nuwe lewe vir jouself.
20 Oktober 2018
Kyk in die indeks van onderwerpe om vas te stel of jou vraag nie reeds beantwoord is nie. Liewe Elize kan ongelukkig nie alle vrae beantwoord nie. Van die lesersvrae sal ook in Huisgenoot-tydskrif verskyn en daar beantwoord word.
16 Julie 2020 Jongste uitgawe

Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.

TEKEN IN
Nuusbrief & kosnuusbrief

Teken in vir ons daaglikse nuusbrief & weeklikse kosnuusbrief!

TEKEN IN
Pasmaats
metgesel wat drome kan vervul.
metgesel wat drome kan vervul.
Ek is n heel eenvoudige down to earth ou. Oor myself wil ek nie praat nie, maar oor jou wil ek alles weet. My behoeftes is van minder belang met die regte maaikie. Geniet n...
Besigtig profiel
Ons wil jou storie hoor
Het jy 'n storie van hoop, 'n besondere lewensles, 'n vreemde ervaring, lekkerlag-staaltjie of sommer net iets wat jy op die hart het.
DEEL JOU STORIE