Vraag: MAN SE GEHEIME AAN DIE LIG GEBRING
Ek was onder die indruk my huwelik is gesond. Ons was 19 jaar getroud, het met lekker vakansies gegaan en twee kinders grootgemaak.

Toe begin hy skielik dinge alleen doen. Daarna begin ek uit die bloute geskenke kry.

Ek was onder die indruk ons is op ’n beter plek met ons huwelik, maar toe vertel my haarkapper my iets ontstellends.

My man kom kuier gereeld in sy woonstelblok by ’n vrou wat deurtrekkertjies aan die wasgoeddraad hang.

Ek weet nie of ek hom met dié bietjie inligting wil konfronteer nie.

Wat dink jy?
Deur: Al op WM04 Oktober 2018 15964 keer gelees
Antwoord
Jy wil nie in ’n verhouding wees waar jou man jou voltyds bedrieg nie. Jy en jou kinders is veel meer werd as afknyptydjies van iemand wat sy rug op sy familie keer en sy skuldige gewete met geskenke probeer stil. 

As ’n mens nie so iets aanroer nie, gee jy mos jou toestemming dat dit mag gebeur. Maak seker van jou feite deur bewyse van sy ontrouheid te kry. Vra dalk 'n besorgde vriendin om die speurwerk namens jou te doen. 

Hy sal dit dalk ontken as jy hom met tyd, plek en besonderhede konfronteer, maar hou voet by stuk. Verswyg en beskerm jou bronne. 

Dis jou keuse of jy hom ’n tweede kans wil gee, en natuurlik sy keuse of hy die skelmpie met die skamele fyngoedjies verkies. 

Huweliksontroues staan meestal onverskillig teenoor die emosionele lyke wat hulle agterlaat. 

Hulle sal nie self met die waarheid na vore kom nie, tensy hulle met die ander persoon wil trou. 

Baie sterkte.
21 Oktober 2018
Kyk in die indeks van onderwerpe om vas te stel of jou vraag nie reeds beantwoord is nie. Liewe Elize kan ongelukkig nie alle vrae beantwoord nie. Van die lesersvrae sal ook in Huisgenoot-tydskrif verskyn en daar beantwoord word.
29 Oktober 2020 Jongste uitgawe

Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.

TEKEN IN
Nuusbrief & kosnuusbrief

Teken in vir ons daaglikse nuusbrief & weeklikse kosnuusbrief!

TEKEN IN
Pasmaats
Kyk net vorentoe...
Kyk net vorentoe...
Waardeer die lewe en die gawes uit Sy hand, ons is bevoorreg om oud te word in 'n wereld waar more nie gewaarborg is nie. Eer die Vader! 'n Oor om te luister, 'n...
Besigtig profiel
Ons wil jou storie hoor
Het jy 'n storie van hoop, 'n besondere lewensles, 'n vreemde ervaring, lekkerlag-staaltjie of sommer net iets wat jy op die hart het.
DEEL JOU STORIE