Vraag: MAN VERKYK HOM AAN ANDER VROUE VRAAG
Ek en my man is al 13 jaar getroud.

Hy is 60 jaar oud en ek duskant 50. Dink jy ek is mal as dit my pla dat my man skielik oor ander vroue praat?
Hy wys hulle vir my uit, veral as hulle sexy is. Dit verneder my, want ander mense hoor ons gesprekke.

Eers het ek net stiller geraak, maar onlangs het ek vir hom verduidelik hoe ek daaroor voel. Hy beskuldig my nou van oordrewe jaloesie.
Deur: FJ op B22 Augustus 2018 4260 keer gelees
Antwoord
Vir jou is dit ’n werklike probleem, maar toe jy dit met hom bespreek, het hy dit as niks afgemaak.
Jy hoef dit nie te aanvaar dat hy hom aan ander vroue vergaap nie, maar jy moet die probleem hanteer sonder om dit te laat klink of jy hom veroordeel.
Het jy al gedink wat spesifiek aan sy gedrag jou pla? As dit bloot is dat hy ander vroue vir jou uitwys, vra hom om dit eerder met sy mansvriende te bespreek.

As hy dit as ’n magspeletjie gebruik om jou jaloers te maak, vra jou af hoekom hy op hierdie manier sy gevoelens van onsekerheid aan jou wil oordra.

Moenie aannames maak oor hoe hy oor hierdie vroue dink nie. Vra hom. Jou eerste gedagte gaan wees om jouself met hulle te vergelyk. Dit is dalk glad nie die geval nie.

Hou die gesprek hieroor oop tot ’n verandering ingetree het. Intussen hoef jy nie sy gedrag oor te sien of te aanvaar dat jou gevoelens daaroor onvanpas is nie.

18 Oktober 2018
Kyk in die indeks van onderwerpe om vas te stel of jou vraag nie reeds beantwoord is nie. Liewe Elize kan ongelukkig nie alle vrae beantwoord nie. Van die lesersvrae sal ook in Huisgenoot-tydskrif verskyn en daar beantwoord word.
17 Oktober 2019 Jongste uitgawe

Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.

TEKEN IN
Nuusbrief & kosnuusbrief

Teken in vir ons daaglikse nuusbrief & weeklikse kosnuusbrief!

TEKEN IN
Pasmaats
Looking for a decent lady friend
Looking for a decent lady friend
Ek is baie netjies, beleefd, bedagsaam, goeie maniers, goeie sin vir humor, goed versorg en hou van kos maak. Ek speel golf, gym en ry fiets. Soek na iemand wat saam met my kan...
Besigtig profiel
Ons wil jou storie hoor
Het jy 'n storie van hoop, 'n besondere lewensles, 'n vreemde ervaring, lekkerlag-staaltjie of sommer net iets wat jy op die hart het.
DEEL JOU STORIE