Vraag: MEISIES KYK GOU ANDERKANT TOE
My probleem is dat die meisies van wie ek hou gewoonlik nie van my hou nie. Watter raad het jy?
Deur: K, SMS05 Oktober 2020
2584 keer gelees
Antwoord
’n Mens streef dikwels die onbereikbare na – tot jou eie nadeel. In jou verhoudingslewe is dit raadsaam om realisties oor jou vermoëns te wees. Dit is dalk tyd om op te hou om teen die prikkels te skop en liewer die lesse toe te pas wat jy geleer het.
Jou vertrekpunt moet wees om eers vir jouself uit te maak van watter soort meisie jy hou en wat jy uit ’n verhouding wil hê.
As dit opwinding en adrenalien is, gaan jy dalk wil voortgaan om meisies uit te soek wat jy die hof moet maak pleks van om stadig in ’n verhouding in te groei. Maar jy sal moet aanvaar nie alle verhoudings is voltyds vuurwerke nie.
Kies ook toekomstige verhoudingsmaats met dieselfde belangstellings as jy wat jou aanvul eerder as iemand wat jou direkte teenoorgestelde is.
As jy vasgestel het wie jou droommeisie is en wat jy uit ’n verhouding benodig, moet jy na jou verhoudingsmaniere begin kyk. Dalk sit die manier waarop jy die eerste keer toenadering soek meisies af.
Wees dalk subtieler en minder direk.
Let ook op of jy vanself met selfvertroue optree en gemaklik is. Indien nie, gee jy dalk voor om iemand te wees wat jy nie werklik is nie. Meisies kom dit maklik agter en soek eerder opregtheid in ’n man as valse voortvarendheid.
Met verhoudings tel eerste indrukke waarlik. Min vroue kan ’n goed versorgde man weerstaan. Vra ’n vriendin om te help om in ’n paar klerekaskopies te belê en maak ’n haarafspraak.
Die vrees vir verwerping speel ook ’n rol. Erken dié angs, want ’n mens kan net dít verander wat jy erken.
Stel jou volgende keer vooraf voor hoe jy iemand met vertroue kan nader vir ’n afspraak en tree so op.
05 Oktober 2020

Kyk in die indeks van onderwerpe om vas te stel of jou vraag nie reeds beantwoord is nie. Liewe Elize kan ongelukkig nie alle vrae beantwoord nie. Van die lesersvrae sal ook in Huisgenoot-tydskrif verskyn en daar beantwoord word.
21 Januarie 2021
Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
TEKEN INPasmaats

Hard werkend, liefdevol, hou van kos maak, vakansie junkie , soen en drukkies mens.
Ek is vriendelik, hou van die natuur, vakansie hou en lekker kuier. Ek kan vir n spesiaale persoon die lewe weer die moeite werd maak met liefde en baie bederf. Lief kinders en...
Besigtig profiel