Vraag: MOEG EN ALLEEN IN HAAR HUWELIK

My man is baie jaloers en het al in een van sy woedebuie my been gebreek. Ek het hom nog nooit verkul of sleggesê of nie gedoen wat van my verwag word nie.

Ná 20 jaar is ek moeg en alleen. Al die geld wat ek verdien, gaan na sy rekenings. Intimiteit bestaan nie. Is alle huwelike so?

Deur: Moedeloos22 Augustus 2018 4444 keer gelees
Antwoord
Nee, daar is gelukkige huwelike waarin mense mekaar respekteer en in liefde na mekaar uitreik.

Om saam met ’n liefdelose bullebak te leef wat jou mishandel en jou gevoelens misken, maak elke dag ’n stryd teen die swaarmoedigheid wat dit meebring.

Ek verstaan dat jy hom om finansiële redes nie kan verlaat nie, maar begin solank vir jou ’n neseier opbou.

Jy kan dit vorentoe gebruik om uit die huwelik te ontsnap. Bied jou hulp iewers as vrywilliger aan. Dit sal jou selfbeeld versterk.

26 September 2018
Kyk in die indeks van onderwerpe om vas te stel of jou vraag nie reeds beantwoord is nie. Liewe Elize kan ongelukkig nie alle vrae beantwoord nie. Van die lesersvrae sal ook in Huisgenoot-tydskrif verskyn en daar beantwoord word.
17 Oktober 2019 Jongste uitgawe

Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.

TEKEN IN
Nuusbrief & kosnuusbrief

Teken in vir ons daaglikse nuusbrief & weeklikse kosnuusbrief!

TEKEN IN
Pasmaats
Saamwees is pret
Saamwees is pret
Humor tem die wêreld. lewenslus in oorvloed. ouderdom is vir díe wat oud wíl voel. Ek hou daarvan om iemand spesiaal te laat voel. ek is ook iemand wat mal is oor fisiese...
Besigtig profiel
Ons wil jou storie hoor
Het jy 'n storie van hoop, 'n besondere lewensles, 'n vreemde ervaring, lekkerlag-staaltjie of sommer net iets wat jy op die hart het.
DEEL JOU STORIE