Vraag: MOEG GEWAG VIR GEHEIME GELIEFDE
Ek het al ’n paar jaar ’n verhouding met ’n man wat nog by sy vrou woon van wie hy geskei is, maar hy wou dit eers nie aan die wêreld bekendmaak nie, want hy wou nie sy kind seermaak nie.

Die kind is nou uit die huis en die argument is nie meer geldig nie. Hy is ’n kerkganger en besit ’n huis. Ek wil nou graag met ons lewe saam begin, want ek is lief vir hom en ek glo hom wanneer hy sê hy is lief vir my. Dink jy hy gaan ooit sy omstandighede vir my prysgee?
Deur: Anonymous03 Maart 2020 10583 keer gelees
Antwoord
Ek is jammer, maar net harde waarhede sal die werklikheid van jou omstandighede vir jou kan skets.

Hierdie man wil die beste van twee wêrelde hê. Hy kies om meer tyd saam met sy vrou of eksvrou (hoe seker is jy hulle twee is wel geskei?) deur te bring as met jou. Met verskonings, verdui­delikings en regverdigings probeer hy jou troos en aan ’n lyntjie hou.

Let op na tekens wat sal verklap of hy haar en sy huidige omstandighede ooit vir jou sal verlaat: Gesels hy byvoorbeeld ooit met jou oor sy toekomstige geld­sake? Gee hy om vir jou gevoelens of net vir die verhouding en die liefdespel? En het hy jou dalk al aan een van sy vriende voorgestel?

Moenie langer jou kop breek oor wat hy wil doen nie. Wat jy wil doen en wat reg en goed vir jou toekoms is, is veel belangriker.

Stel Mnr. Onbeskikbaar voor ’n ultimatum en koppel dit aan ’n sperdatum. Sê vir hom jy gaan hom nie weer sien tot hy sy vrou verlaat het nie en hou by jou voorneme. Ek vermoed die finansiële en ander gevolge van ’n skuif na ’n ander adres gaan te veel vir hom wees. Hy is waar hy wil wees omdat dit ?’n geriefsone is.

Gun jouself ’n kans om te herstel en maak jou los van jou herinnerings aan hom. Dan sal jy gereed wees vir ’n verhouding met iemand wat jou aan die wêreld en sy vriende wíl wys en vir wie jy nie tweede viool hoef te speel nie.
03 Maart 2020
Kyk in die indeks van onderwerpe om vas te stel of jou vraag nie reeds beantwoord is nie. Liewe Elize kan ongelukkig nie alle vrae beantwoord nie. Van die lesersvrae sal ook in Huisgenoot-tydskrif verskyn en daar beantwoord word.
20 Mei 2021 Jongste uitgawe

Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.

TEKEN IN
Nuusbrief & kosnuusbrief

Teken in vir ons daaglikse nuusbrief & weeklikse kosnuusbrief!

TEKEN IN
Pasmaats
Jy leef NET een keer. Make it count...
Jy leef NET een keer. Make it count...
Ek is die normaal wat jy in jou lewe nodig het, maar bedlis nie vervelig nie. Stille waters. Diepe grond. Vertroue, getrouheid en kommunikasie is so belangrik. Ek is lojaal,...
Besigtig profiel
Ons wil jou storie hoor
Het jy 'n storie van hoop, 'n besondere lewensles, 'n vreemde ervaring, lekkerlag-staaltjie of sommer net iets wat jy op die hart het.
DEEL JOU STORIE