Vraag: MOEG VIR OUERS WAT WIL BAAS SPEEL
Moet ’n ouer altyd baasspelerig wees teenoor hul kinders of skoonkinders, of is dit net ’n aspek van ’n persoon se geaardheid wat na vore kom? Hoe hanteer ’n mens so iets?
Deur: Anoniem op T01 Maart 2019 9572 keer gelees
Antwoord
Baasspelerige familie of vriende is dikwels mense wat hul eie swakhede probeer wegsteek. Deur oor ander en hul omgewing die septer te probeer swaai probeer hulle die aandag van hul eie tekortkomings aflei.

Dis dikwels die wegspringplek om ’n boelie te word – net die afknouery en ­geniepsigheid kom dan nog kort.

Sulke boelies-in-wording voel hul eie mag oor ander en in ’n situasie aan. Indien jy hulle wil onderkry, moet jou vertrekpunt wees om hulle geen mag oor jou te gee nie.

Moenie jou kosbare lewensbalans laat versteur deur mense wat jou wil vertel hoe jy jou lewe moet lei en verwag dat jy heeltyd hul opdragte moet uitvoer nie.

Bedank hulle vir hul voorstelle en gaan dan vasberade met jou lewe aan.

Hou hulle op ’n afstand as jy enigsins kan. Stap byvoorbeeld uit ’n vertrek waar hulle is, vermy hul geselskap, weier uitnodigings en sluit hulle by jou sosiale geleenthede uit.

Vermy oogkontak en moet niks in die sosiale media met hulle deel nie. Hou veral jou geldsake vir jouself. Kies ook jou vertrouelinge goed, want baasspeleriges floreer op skinderbekke se inligting.

As jy jouself nog meer wil laat geld, teken hul baasspelerige gedrag aan. Dan kan jy hulle later aan situasies herinner toe hulle ook beheer wou oorneem en dit sleg afgeloop het.

Betrek ook ander wat deurloop en staan as ’n groep saam teen die baasspelerige een.
01 Maart 2019
Kyk in die indeks van onderwerpe om vas te stel of jou vraag nie reeds beantwoord is nie. Liewe Elize kan ongelukkig nie alle vrae beantwoord nie. Van die lesersvrae sal ook in Huisgenoot-tydskrif verskyn en daar beantwoord word.
2 April 2020 Jongste uitgawe

Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.

TEKEN IN
Nuusbrief & kosnuusbrief

Teken in vir ons daaglikse nuusbrief & weeklikse kosnuusbrief!

TEKEN IN
Pasmaats
N ou wat n vrou wil bederf en omgee
N ou wat n vrou wil bederf en omgee
Ek hou van mense en om te luister ek is ook n sagte mens is bietjie stil tot ek n kans kry dan kan ek volpret wees ek kan ook nogals romanties wees die Here is ook vir my...
Besigtig profiel
Ons wil jou storie hoor
Het jy 'n storie van hoop, 'n besondere lewensles, 'n vreemde ervaring, lekkerlag-staaltjie of sommer net iets wat jy op die hart het.
DEEL JOU STORIE