Vraag: MOEG VIR SLEGSÊ
Ek is in my middel-30’s, het twee pragtige kinders en verwag nou my derde.

Ek is uiters ongelukkig, want my man laat my altyd soos ’n volslae mislukking voel en breek my selfbeeld tot in die grond af.

Hy gee regtig geen druppel om of hy my voor die kinders slegsê of nie. Wat moet ek doen? Ek verdien dit nie.
Deur: Anonymous20 September 2018 6082 keer gelees
Antwoord
Ek is bly jy gaan dit nie langer duld nie, want emosionele misbruik deur woorde kan net stopgesit word as ’n mens erken hoe groot die skade aan jou menswees en aan jou kinders se harte is. 

Hartelose, selfsugtige mense gebruik seermaakwoorde as wapens om te regeer en te manipuleer. 

Vergeet daarvan om hom te verander; jy is sy huweliksmaat, nie sy berader nie. 

As jy met hom hieroor gepraat het en hy wil verander, is daar hoop, maar kry hom sover om na ’n berader te gaan, anders sal hy jou net verder manipuleer met sy “pogings om te verander”. 

Kry self by ’n berader hulp om jou te bemagtig. Al wil hy nie gaan nie, sorg dat jy by een uitkom. 

Stel dit duidelik as jy nie met respek behandel word nie, sal jy enige gesprek beëindig. 

Stap elke keer weg, nie net uit die vertrek nie, maar uit die huis. As jy dit eers een keer gedoen het, word dit makliker. 

Jy kan nie hierdie verhouding op jou eie heelmaak nie. As jy daarin wil aanbly, sal daar met die hulp van ander baie moet verander. 

Kinders word baie bang en voel hulpeloos as hulle sien hul ouers sê vernederende en kleinerende dinge vir mekaar. 

Met die nuwe baba op pad, raak dit ál belangriker dat jy hulp vra by ander. Jou kinders wil sien jy neem standpunt in ter wille van jouself en van hulle. 

Jou man moet weet hy word verantwoordelik gehou vir die dinge wat hy kwytraak. 

Moenie skaam wees om jou familie, vriende of huisdokter van die verbale mishandeling te vertel nie; dit beskerm jou as ander mense weet wat aangaan. 

Maak ook seker hy weet dat jy die mense na aan jou daarvan vertel.
30 Oktober 2018
Kyk in die indeks van onderwerpe om vas te stel of jou vraag nie reeds beantwoord is nie. Liewe Elize kan ongelukkig nie alle vrae beantwoord nie. Van die lesersvrae sal ook in Huisgenoot-tydskrif verskyn en daar beantwoord word.
20 Mei 2021 Jongste uitgawe

Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.

TEKEN IN
Nuusbrief & kosnuusbrief

Teken in vir ons daaglikse nuusbrief & weeklikse kosnuusbrief!

TEKEN IN
Pasmaats
Probeer iets nuuts
Probeer iets nuuts
Wil n nuwe begin maak met n persoon wat saam my kan groei en die lewe saam kan geniet so kom ons probeer dit
Besigtig profiel
Ons wil jou storie hoor
Het jy 'n storie van hoop, 'n besondere lewensles, 'n vreemde ervaring, lekkerlag-staaltjie of sommer net iets wat jy op die hart het.
DEEL JOU STORIE