Vraag: NIE VANAAND NIE, SKAT!
Dit pla my dat ek en my vriend nie mekaar soen terwyl ons met ons liefdespel besig is nie. Dit maak my nogal seer, maar ek probeer koel hieroor wees.

Beteken dit iets?

Ons pas andersins by mekaar en is goeie vriende. Ons baklei nie. Hy is baie meer ervare as ek.

Hy het ook nog nooit gesê hy is lief vir my nie. Dit gaan al twee jaar so aan.
Deur: MOS op D12 September 2018 3837 keer gelees
Antwoord
’n Liefdespel wat haarfyn beplan word met elke soen op sy plek, is ’n drifblusser.

 ’n Mens moet veel liewer jou intuïsie tussen die lakens ’n rol laat speel. Vertroeteling het vele name, en soen is maar een daarvan. 

Maar as dit is wat jy graag wil hê, moet jy dit vir hom sê. 

Haastige minnaars wat net vinnig voor slaaptyd wil kafoefel, het leiding nodig, maar werk sagkens met die ego wanneer jy kritiek in die slaapkamer lewer. 

Met komplimente op jou lippe is die kans groter dat jou lippe syne gaan ontmoet.
12 September 2018
Kyk in die indeks van onderwerpe om vas te stel of jou vraag nie reeds beantwoord is nie. Liewe Elize kan ongelukkig nie alle vrae beantwoord nie. Van die lesersvrae sal ook in Huisgenoot-tydskrif verskyn en daar beantwoord word.