Vraag: NUUSKIERIGE AGIE
Ek het ’n nuwe werk begin en daar is ’n vroulike bestuurder wat my allerhande persoonlike goed vra soos hoekom ek nog nie ’n kêrel het nie en wat ek naweke doen. Ek hou nie hiervan nie, want sy gebruik sulke inligting teen ’n mens.

Wat moet ek doen?
Deur: Anoniem op S01 November 2018 1971 keer gelees
Antwoord
As dit nie iets met die werk uit te waai het nie, hoef jy dit nie te beantwoord nie. 

Maar moet ook nie onnodig moeilikheid vir jou daaroor maak nie. 

Kom in die gewoonte om hierdie vrae met ’n vriendelike glimlag te ignoreer en ’n tegniek te ontwikkel om dit te hanteer. 

Sê net breedweg dit gaan goed tuis en verander die onderwerp na iets oor die werk. 

As sy aanhou, sê ferm jy is ’n privaat mens en bespreek nie jou persoonlike sake by die werk nie. 

Hou dan by jou eie reëls en moenie dit wel met kollegas bespreek nie. Gee altyd dieselfde antwoord tot sy ophou, maar moenie verdedigend raak nie. 

As dinge op ’n keerpunt kom, vra jou menslikehulpbronnebestuurder jul protokol ten opsigte van vrae oor persoonlike sake en verwys haar daarna in ’n volgende gesprek. 

Maak seker die menslikehulpbronnebestuurder neem kennis van hoekom jy so ’n beleidsdokument aanvra.
01 November 2018
Kyk in die indeks van onderwerpe om vas te stel of jou vraag nie reeds beantwoord is nie. Liewe Elize kan ongelukkig nie alle vrae beantwoord nie. Van die lesersvrae sal ook in Huisgenoot-tydskrif verskyn en daar beantwoord word.
22 Augustus 2019 Jongste uitgawe

Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.

TEKEN IN
Nuusbrief & kosnuusbrief

Teken in vir ons daaglikse nuusbrief & weeklikse kosnuusbrief!

TEKEN IN
Pasmaats
Men's weet nooit
Men's weet nooit
Ek is van die karoo en is lief vir die buite lewe het ń goeie sin vir humor baie liefdevol hou van aanraking lief vir strap en avontuurlik.
Besigtig profiel
Ons wil jou storie hoor
Het jy 'n storie van hoop, 'n besondere lewensles, 'n vreemde ervaring, lekkerlag-staaltjie of sommer net iets wat jy op die hart het.
DEEL JOU STORIE