Vraag: NUWE KÊREL, OU PATROON
Ek is drie jaar gelede geskei, is 30 en dit het my amper twee jaar gekos om weer iemand lief te kry.

Ek het ’n kollega gehad wat dieselfde as ek deurgemaak het. Ons het nou albei van loopbaan verander, maar hy bel my nog elke dag.

Ek het ook ’n kêrel. Hy het ’n kort humeur en sê my soms sleg. Hy gun my ook geen tyd alleen nie, of dit is ’n bakleiery as ek saam met my vriendinne wil gaan eet of fliek.

Hy laat my soms voel of ek nie myself mag wees nie. In dieselfde asem moet ek ook sê hy is baie goed vir my.

Of is dit omdat my oudkollega soveel respek het vir my en altyd my belange op sy hart dra dat ek begin twyfel?
Deur: Anoniem 20 September 2018 7747 keer gelees
Antwoord
Al is ’n man kastig hoe goed vir jou, regverdig dit nie dat hy jou afkraak nie. Liefde en respek is ’n tweeling. 

Hy wys reeds op soveel maniere dat hy jou nie respekteer nie. Dit gaan net vererger. 

Herhaal jy dalk die patroon met hom wat jou vorige huwelik op die rotse laat beland het? 

Soms haak ’n mens vas by ’n bekende patroon in verhoudings, want jy prent jouself in dit is wat jy verdien. Jy is veel meer werd as om iemand te hê wat jou die reg ontsê om jouself te wees. 

Kom so gou moontlik van hierdie kêrel weg – nie net omdat mnr. Goed-en-Gaaf, jou oudkollega, in jou lewe is nie, maar omdat jy ’n positiewe lewenshouding en ’n goeie vriendekring en loopbaan het. 

Jy klink na iemand wat baie het om te gee. 

Sorg dat dit by die regte harte uitkom. Moenie jou lewe net om romantiese verhoudings laat draai nie. 

Sonder ’n man in jou lewe is jy steeds iemand. En twee jaar ná ’n egskeiding is te kort om weer diep en innig betrokke te raak. 

Geniet jou vriendskap met jou oudkollega, maar wees versigtig. As daar nou nog nie ’n romantiese vonkie tussen julle is nie, is julle dalk net vriende vir altyd. 
30 Oktober 2018
Kyk in die indeks van onderwerpe om vas te stel of jou vraag nie reeds beantwoord is nie. Liewe Elize kan ongelukkig nie alle vrae beantwoord nie. Van die lesersvrae sal ook in Huisgenoot-tydskrif verskyn en daar beantwoord word.
29 Oktober 2020 Jongste uitgawe

Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.

TEKEN IN
Nuusbrief & kosnuusbrief

Teken in vir ons daaglikse nuusbrief & weeklikse kosnuusbrief!

TEKEN IN
Pasmaats
Goeie opregte man
Goeie opregte man
Ek kan 'n gesprek gemaklik hou met redelik enige iemand. Ek lees baie so hou van gesels oor interessante onderwerpe. Ek hou van stap in die natuur, plaas toe gaan, goeie...
Besigtig profiel
Ons wil jou storie hoor
Het jy 'n storie van hoop, 'n besondere lewensles, 'n vreemde ervaring, lekkerlag-staaltjie of sommer net iets wat jy op die hart het.
DEEL JOU STORIE