Vraag: ONS MA, DIE KOOPSLAAF
Ek is 16 en my suster 13. Ons ma is aaklig met ons.

Sy en my pa is gelukkig getroud en sy het alles wat sy begeer, maar sy het heeltemal verander. Sy skel en kraak ons af.

Dis nou al ’n rukkie dat sy ook ons pa swak hanteer.

Die enigste tyd dat ons weer ons ou, goeie ma te siene kry, is wanneer sy koop – of dit nou klere, selfone of meubels is, sy koop!

Ons weet nie meer wat om te doen nie.
Deur: Raadop dogters20 September 2018 3913 keer gelees
Antwoord
Jy voel oorweldig daardeur dat jou ma in ’n koopslaaf verander het. 

Die feit dat sy aan inkopies verslaaf is en heeldag in die winkels is, is ’n teken dat sy haar take en verantwoordelikhede by die huis wil vermy en moontlik aan angs en depressie ly. 

Dit laat haar skuldig voel, want sy was vroeër ’n beter ma. Moenie toelaat dat haar skoppelmaaibuie jou tienerlewe so beïnvloed dat jy jou bedrywighede inperk nie.

Dit is nou tyd om jou eie identiteit en vriendekring te ontwikkel. Fokus daarop om sport te geniet en goed te vaar in jou skoolwerk. 

Ondersteun ook jou suster deur haar gelief te laat voel, maar moenie julle deur jul ma se buie laat manipuleer nie.
29 Oktober 2018
Kyk in die indeks van onderwerpe om vas te stel of jou vraag nie reeds beantwoord is nie. Liewe Elize kan ongelukkig nie alle vrae beantwoord nie. Van die lesersvrae sal ook in Huisgenoot-tydskrif verskyn en daar beantwoord word.
9 April 2020 Jongste uitgawe

Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.

TEKEN IN
Nuusbrief & kosnuusbrief

Teken in vir ons daaglikse nuusbrief & weeklikse kosnuusbrief!

TEKEN IN
Pasmaats
Stille fonteintjie.
Stille fonteintjie.
Vriendelike en aangename peroon met goeie humorsin. Lief vir plante, kos kook, werkies by die huis. Materiele besittings is vir my van geen belang. Lewe eenvoudig en gemaklik....
Besigtig profiel
Ons wil jou storie hoor
Het jy 'n storie van hoop, 'n besondere lewensles, 'n vreemde ervaring, lekkerlag-staaltjie of sommer net iets wat jy op die hart het.
DEEL JOU STORIE