Vraag: OU LIEFDE VLAM WEER OP
Ek het my ou kêrel weer raakgeloop nadat ons ’n paar maande uitmekaar was. Ons verhouding was destyds ernstig, en my familie het gedink ons kan dalk trou. Hy het egter uitgemaak. Ek het aangeneem dis dalk omdat daar iemand anders was. Ek was altyd ernstiger oor ons as wat hy was. Ons was langer as ’n jaar bymekaar en het saamgeslaap. Dit was nou ook weer die geval toe ons mekaar gesien het. Ek weet nie of ek daarmee moet aangaan nie.
Deur: S op R23 Oktober 2020 3428 keer gelees
Antwoord
Seks is bedoel vir gelukkige en stabiele verhoudings waarin daar ’n langtermynverbintenis tussen twee mense bestaan. Seks buite ’n vaste verhouding is fisiek en emosioneel ’n risiko, al ken jy jou bedmaat hóé goed.
Daarby is seks met jou eks ’n slegte idee, want jy doen dit dalk om al die verkeerde redes, soos ’n hunkering na die goeie tye saam.
Seks wat niks vir die bedmaats be­teken nie, hou verder die gevaar in dat dit jou misbruik kan laat voel. Dit kan jou ook met ’n seksueel oordraagbare siektes opsaal, want jy weet nie werklik wat intussen in sy lewe gebeur het nie. Jy klim nooit net met een mens in die bed nie; ook met sy lewensgeskiedenis.
Vermy plekke en geleenthede waar hy dalk kan wees. Namate die inperkingsmaatreëls verslap word, het jy dalk meer vryheid om nuwe vriendskappe aan te knoop, maar op ’n nuwe manier.
Stippel vir jouself uit wat jy werklik in ’n verhouding wil hê. Baie van ons het tydens die pandemie ’n ander blik op die lewe gekry. Vra jou af of jy nog tyd en energie wil verkwis op iemand wat selfs toe julle nog ’n paartjie was, nie so ernstig oor jul verhouding was soos jy nie
23 Oktober 2020
Kyk in die indeks van onderwerpe om vas te stel of jou vraag nie reeds beantwoord is nie. Liewe Elize kan ongelukkig nie alle vrae beantwoord nie. Van die lesersvrae sal ook in Huisgenoot-tydskrif verskyn en daar beantwoord word.
3 Desember 2020 Jongste uitgawe

Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.

TEKEN IN
Nuusbrief & kosnuusbrief

Teken in vir ons daaglikse nuusbrief & weeklikse kosnuusbrief!

TEKEN IN
Pasmaats
Soek n eerlike maar vir wie ek kan lief wees en saam mee kan groei
Soek n eerlike maar vir wie ek kan lief wees en saam mee kan groei
Ek is n persoon wat hou van liefde gee maar wil ook ontvang. Ek hou van eerlikheid en weet dat geen verhouding perfek is nie. Ek hou van die natuur en wegbreek soontoe. Ek is...
Besigtig profiel
Ons wil jou storie hoor
Het jy 'n storie van hoop, 'n besondere lewensles, 'n vreemde ervaring, lekkerlag-staaltjie of sommer net iets wat jy op die hart het.
DEEL JOU STORIE