Vraag: ‘OULIKE’ MAN WORD OORLAS
Ek was jare alleen en het ’n besigheid gehad. Daarna het ek verhuis en nou woon ek naby my seun.

Ek het ’n skynbaar oulike man ontmoet. Ons is nou al drie jaar saam. Hy wil nie trou nie, maar dit pas my, want hy is ’n alkoholis.

Hy wou my al doodskiet en die huis opblaas toe ek hom wou los. Ek het nou weer ’n besigheid wat goed vaar.

Hy doen geen huis- of tuinwerk nie. Ek weet nie hoe ek van hom ontslae kan raak nie.

Asseblief, wat moet ek doen?
Deur: HD20 September 2018 1561 keer gelees
Antwoord
Jy sal ’n beskermingsbevel by die hof moet kry om hom te dwing om uit jou huis te trek. 

Gaan na jou naaste polisiekantoor en neem jou seun saam sodat ook hy die erns van die situasie kan besef. 

Dit is ’n plofbare situasie en jou lewe kan op die spel wees. Vra ook so gou moontlik iemand wat jy vertrou moet by jou intrek; hy of sy kan dan as getuie dien en jou beskerm. 

Hou die nommers van mense wat jou kan help op snelbel en stel ’n veiligheidsfirma aan, al is dit oënskynlik om jou eiendom te beskerm. 

* Bel LifeLine by 0861-322322 of People Opposing Women Abuse by 083-765-1235 vir volledige besonderhede oor hoe om ’n beskermingsbevel te kry. 

Baie sterkte.
30 Oktober 2018
Kyk in die indeks van onderwerpe om vas te stel of jou vraag nie reeds beantwoord is nie. Liewe Elize kan ongelukkig nie alle vrae beantwoord nie. Van die lesersvrae sal ook in Huisgenoot-tydskrif verskyn en daar beantwoord word.
1 Oktober 2020 Jongste uitgawe

Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.

TEKEN IN
Nuusbrief & kosnuusbrief

Teken in vir ons daaglikse nuusbrief & weeklikse kosnuusbrief!

TEKEN IN
Pasmaats
Tyd vir nuwe begin en uitdagings
Tyd vir nuwe begin en uitdagings
Vriende is belangrik. Close vriende is Meer belangrik. Lank alleen en dis tyd vir aan beweeg. Dit Sal nie na jou toe kom as jy nie wys jy is beskikbaar nie.
Besigtig profiel
Ons wil jou storie hoor
Het jy 'n storie van hoop, 'n besondere lewensles, 'n vreemde ervaring, lekkerlag-staaltjie of sommer net iets wat jy op die hart het.
DEEL JOU STORIE