Vraag: PROBLEME MET GENIEPSIGE SKOONDOGTER
Wat moet ’n skoonma doen wanneer haar skoondogter die geniepsige een is wat 100% pas by die beskrywing wat jy soms van slegte skoonma’s sien? ’n Saak het twee kante. As na net een kant geluister word, sal die waarheid in die slag bly.
Deur: AC op K12 Oktober 2020 3642 keer gelees
Antwoord
Ek stem beslis met jou saam dat ’n saak van alle kante beskou moet word. In so ’n verhouding is daar selde net engeltjies. Maar met skoondogters wat jou lewe versuur, is daar raad:

Moenie met haar oor lastighede praat as jy warm onder die kraag is nie – onttrek jou eerder van ’n gesprek. Opper dit wat jy wil oplos weer wanneer jy kalm is.

Vermy kritiek oor haar gedrag, haar familie of hoe sy jou kleinkinders grootmaak. Knoop openhartige gesprekke aan as iets jou pla, maar fokus dan op moontlike oplossings.

Behandel haar met ekstra respek wanneer sy onbeleefd teenoor jou is.

Sluit haar in by familiebesluite en vra haar raad. Stel dit in werking as dit ’n goeie oplossing is.

Respekteer haar privaatheid en die perke wat sy stel.

Moenie haar gedrag met jou seun bespreek nie. Sy gaan daarvan te hore kom en voel jy steek hom teen haar op. Knoop enige gesprek oor moeilike sake direk met haar aan.

Erken dat julle nie altyd sal saamstem of hoef saam te stem nie. Wanneer julle wel verskil, wees bereid om na haar te luister en moenie haar in die rede val nie.

Moenie onnodige verwagtings aan haar stel wat haar onder druk sal
plaas nie.
12 Oktober 2020
Kyk in die indeks van onderwerpe om vas te stel of jou vraag nie reeds beantwoord is nie. Liewe Elize kan ongelukkig nie alle vrae beantwoord nie. Van die lesersvrae sal ook in Huisgenoot-tydskrif verskyn en daar beantwoord word.
6 Mei 2021 Jongste uitgawe

Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.

TEKEN IN
Nuusbrief & kosnuusbrief

Teken in vir ons daaglikse nuusbrief & weeklikse kosnuusbrief!

TEKEN IN
Pasmaats
Opsoek na ñ liefdevolle maat
Opsoek na ñ liefdevolle maat
Ek is ñ netjiese hardwerkende persoon met ñ goeie sin vir humor. Hou daarvan om die vrou in my lewe te bederf.
Besigtig profiel
Ons wil jou storie hoor
Het jy 'n storie van hoop, 'n besondere lewensles, 'n vreemde ervaring, lekkerlag-staaltjie of sommer net iets wat jy op die hart het.
DEEL JOU STORIE