Vraag: ROKIE SONDER ’N VUURTJIE
Mense sê by die werk ek en my baas het ’n affair, maar ek weet nie waar die stories begin het of hoe om dit stop te sit nie.

Ek is onskuldig. Hy weet nie hiervan nie en ek weet nie hoe om die saak aan te roer nie.
Deur: Anonymous01 November 2018 2196 keer gelees
Antwoord
Die gerug doen skade aan jou en ook aan sy reputasie. Vra iemand wat jou goedgesind is waar hulle daarvan gehoor het. 

As jy weet wie die storie versprei het, konfronteer hulle op ’n plek waar ander jul gesprek kan hoor. 

Laat hulle skaam kry en dryf hulle in ’n hoek oor hul geskinder. Moenie jou baas daarvan vertel nie. 

Hy sal dalk dan huiwerig wees om jou te bevorder, want dan kan mense dink daar is tog ’n vuurtjie waar ’n rokie trek.
01 November 2018
Kyk in die indeks van onderwerpe om vas te stel of jou vraag nie reeds beantwoord is nie. Liewe Elize kan ongelukkig nie alle vrae beantwoord nie. Van die lesersvrae sal ook in Huisgenoot-tydskrif verskyn en daar beantwoord word.
20 Mei 2021 Jongste uitgawe

Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.

TEKEN IN
Nuusbrief & kosnuusbrief

Teken in vir ons daaglikse nuusbrief & weeklikse kosnuusbrief!

TEKEN IN
Pasmaats
Eenheid in 'n liefdes driehoek
Eenheid in 'n liefdes driehoek
. die een tussen God, vrou en man. Ek volg die Here, en probeer om liefde soos Hy dit definieer, uit te leef. Nie perfek nie, maar ek weet Wie is my bron van Alles wat ek is en...
Besigtig profiel
Ons wil jou storie hoor
Het jy 'n storie van hoop, 'n besondere lewensles, 'n vreemde ervaring, lekkerlag-staaltjie of sommer net iets wat jy op die hart het.
DEEL JOU STORIE