Vraag: SAL VROUESLANER OOIT VERANDER?
Ek is al byna 10 jaar getroud en het kinders. Ek bly by my ouers en my man by syne, want hy slaan my. Ek het al ’n paar keer na hom teruggegaan, maar dit het net erger geword. Hy belowe elke keer dit sal beter gaan, maar dit gebeur nie. Ek is lief vir hom, maar ook bang vir hom. Sal hy ooit verander?
Deur: K op E13 Maart 2020 4756 keer gelees
Antwoord
Jy is met ’n gevaarlike mens ge­troud wat jou en jou kinders groot skade kan berokken as jy weer na hom sou teruggaan. Jy is niks aan hom verskuldig nie, veral nie nadat hy al die kanse wat jy hom gegee het, verbrou het nie.

As hy regtig wou ver­ander het, sou dinge nie elke keer slegter pleks van beter gegaan het nie.

Berading kan jou die redes help insien waarom jy nie langer jouself en jou kinders aan sy gedrag kan blootstel en jul lewe op die spel plaas nie. As jy nie vir berading kan gaan nie, sorg dat jy ’n vertroueling het teenoor wie jy jou hart kan uitpraat.

Dis belangrik dat jy ’n beskermings­bevel kry om jou en jou kinders te beveilig. Hiervoor moet jy polisie toe gaan en ’n verklaring aflê wat deur ’n hof bekragtig word. Met sulke gewelddadige mans bestaan die gevaar dat hul gedrag kan vererger as dit wat hulle as hul eiendom beskou – hul vrou en kinders – van hulle weggeneem word.

Daarom beveel ek aan dat jy ’n welsynwerker of sielkundige spreek en reëlings tref om dalk tydelik ?in ’n skuilhuis te gaan bly.

Spreek ’n prokureur oor ’n egskeiding en kry die ware feite en nie die vals inligting wat jou man jou dalk hieroor gevoer het nie. Jy kan nie langer die stryd sonder die nodige professionele hulp aanpak nie.

Jy en jou kinders het groot emosionele skade gely. Hulle het berading nodig vir die moeilike oorgangstydperk wat vir julle voorlê. As hul skool ’n sielkundige het, kan jy dié gerus daaroor inlig.

Speel oop kaarte met jou ouers oor die stappe wat jy wil doen. Jy is gelukkig dat jy hul ondersteuning het. Bel Famsa by 011-975-7106 vir leiding.
13 Maart 2020
Kyk in die indeks van onderwerpe om vas te stel of jou vraag nie reeds beantwoord is nie. Liewe Elize kan ongelukkig nie alle vrae beantwoord nie. Van die lesersvrae sal ook in Huisgenoot-tydskrif verskyn en daar beantwoord word.
13 Augustus 2020 Jongste uitgawe

Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.

TEKEN IN
Nuusbrief & kosnuusbrief

Teken in vir ons daaglikse nuusbrief & weeklikse kosnuusbrief!

TEKEN IN
Pasmaats
Kan ek iets in jou oor fluister?
Kan ek iets in jou oor fluister?
Ek is 'n redelike intresante vent. Bietjie slim en 'n bok vir sports. Hou vd buite lewe en natuur. Die see is my hart se punt.
Besigtig profiel
Ons wil jou storie hoor
Het jy 'n storie van hoop, 'n besondere lewensles, 'n vreemde ervaring, lekkerlag-staaltjie of sommer net iets wat jy op die hart het.
DEEL JOU STORIE