Vraag: SIEKETROOSTER VOEL OORWELDIG
Ek voel ietwat oorweldig en wonder of jy kan help. My man is weer tuis nadat hy vir ’n ernstige siekte behandel is, en ek moet met sy versorging help. Nou met covid-19 het ons ook ’n sterfte in die familie gehad met mense wat nie na hul tuistes in die buiteland mag terugvlieg nie. Hulle het ook hulp ­nodig oor die groot verlies. My beste vriendin se man is boonop baie siek. Ek voel of ek wil weghardloop. Ek is oor die 70 jaar oud en kan weens die virussiekte niemand kry om my met die huiswerk te help nie.
Deur: I op A01 Maart 2021 1977 keer gelees
Antwoord
Om te keer dat jy skoon deur dit alles oorweldig voel, kan dit help om die kwessies en emosies een vir een te hanteer:
* Moenie die perfekte gasvrou probeer wees nie. Temper almal se verwagtings deur ’n rooster met take op te stel.
* Dit troos om herinneringe aan die ontslape familielid te deel. As jy nie weet wat om te sê nie, wys jy is bereid om te luister.
* Jou besoekers is uit hul eie vriendekring weg en dit kan die emosionele las op jou swaarder maak. Moedig hulle aan om met video-oproepe kontak te behou.
* Laat onnodige verpligtinge teenoor ander huisgenote vaar as jy voel jy skeep jou siek man af. Maak dit duidelik dat jy hom eerste moet stel.
* Besluit elke dag watter mense in jou lewe of watter take die dringendste aandag benodig en pak dit een taak of een mens op ’n slag aan.
* Ruim ook tyd vir jouself in om jou batterye te herlaai, al gaan skep jy net asem in die buitelug of drink by ’n vriendin tee (met sosiale distansiëring, natuurlik!)
01 Maart 2021
Kyk in die indeks van onderwerpe om vas te stel of jou vraag nie reeds beantwoord is nie. Liewe Elize kan ongelukkig nie alle vrae beantwoord nie. Van die lesersvrae sal ook in Huisgenoot-tydskrif verskyn en daar beantwoord word.
22 April 2021 Jongste uitgawe

Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.

TEKEN IN
Nuusbrief & kosnuusbrief

Teken in vir ons daaglikse nuusbrief & weeklikse kosnuusbrief!

TEKEN IN
Pasmaats
Vol lewens lus en het nog baie om te bied aan die persoon wat nog n lus vir die lewe het
Vol lewens lus en het nog baie om te bied aan die persoon wat nog n lus vir die lewe het
Eks n opgewekte positiewe persoon wat nog n lus vir die lewe het. Wat nog baie kan bied vir die persoon wat n pad met my kan saam stap deur dik en dun.
Besigtig profiel
Ons wil jou storie hoor
Het jy 'n storie van hoop, 'n besondere lewensles, 'n vreemde ervaring, lekkerlag-staaltjie of sommer net iets wat jy op die hart het.
DEEL JOU STORIE