Vraag: STRES OOR VROU SE ‘LEKKER’ WERK
Ons is al 31 jaar getroud en het drie kinders.

My vrou werk vir ’n prokureur. Sy het op ’n aand net vir my gesê haar baas het gesê hulle moet vir drie dae KwaZulu-Natal toe vlieg vir werk.

Hulle is toe weg. Sedertdien baklei ons en is my huwelik aan flarde. Ek het al ’n hartaanval gehad.

My vrou sê sy werk lekker. Wat moet ek doen?
Deur: Moedeloos op B01 November 2018 7577 keer gelees
Antwoord
As sy jou in 31 jaar nog nooit enige rede gegee het om te glo sy was ontrou nie, sal jy haar die voordeel van die twyfel moet gee. 

Jou gesondheid is veel meer werd as drie dae wat nou tot die verlede behoort. Wat staan in jou vrou se dienskontrak? 

As daar geen bepaling is dat sy moet reis as haar werkgewer dit vereis nie, kan sy weier om dit te doen. 

In hierdie geval kan jy grense stel en vir haar sê jy verwag dat sy in die toekoms sal weier om enige sakereise te onderneem.
01 November 2018
Kyk in die indeks van onderwerpe om vas te stel of jou vraag nie reeds beantwoord is nie. Liewe Elize kan ongelukkig nie alle vrae beantwoord nie. Van die lesersvrae sal ook in Huisgenoot-tydskrif verskyn en daar beantwoord word.
1 Oktober 2020 Jongste uitgawe

Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.

TEKEN IN
Nuusbrief & kosnuusbrief

Teken in vir ons daaglikse nuusbrief & weeklikse kosnuusbrief!

TEKEN IN
Pasmaats
Jy moet reeds gelukkig wees met jouself
Jy moet reeds gelukkig wees met jouself
Ek geniet dit om tyd te wei aan eerlike mense met opregte intensie. Geniet fietsry, stap ,bietjie draf. My gunsteling tyd verdryf is tuinmaak. Ek het nie n probleem met kuier...
Besigtig profiel
Ons wil jou storie hoor
Het jy 'n storie van hoop, 'n besondere lewensles, 'n vreemde ervaring, lekkerlag-staaltjie of sommer net iets wat jy op die hart het.
DEEL JOU STORIE