Vraag: TE MOEG OM NUUT TE BEGIN NÁ ONTROU
Ek het jare lank ’n onder­neming in ’n ander land gehad, waar ek woon. Ek moes dit nou verkoop omdat ek van my man gaan skei; hy het ’n affair gehad.

Volgens dié land se wette moet ons twee jaar wag voor die skeisaak af­gehandel kan word. Ons kinders is nou uit die huis en betaal nie hier studiegeld op universiteit nie. Ek het geen familie hier nie, maar wel vriende.

Ek voel asof ek in ’n doodloopstraat is en weet nie of ek moet teruggaan Suid-­Afrika toe nie. Die hewige gevoelens toe ek alles uitgevind het, is nou verby, al probeer my man homself steeds regverdig.

Ek is bloot lewensmoeg en het nie die energie om weer van voor af te begin nie.
Deur: Anonymous30 Augustus 2019 5122 keer gelees
Antwoord
Die goue reël wanneer jy skei, is om jouself af te vra waar jou steunstelsel is. As jy nie in voeling gebly het met jou mense in Suid-­Afrika nie, kan jy jou dalk misgis met hoeveel plek daar nog in hul lewe vir jou is.

Jou huidige vriendekring het die pad saam met jou gestap en sal jou vir eers moontlik meer steun kan bied.

Moenie die uitwerking van jul egskeiding op jul kinders onderskat net omdat hulle al volwasse is nie. Soms laat dit hulle twyfel aan alles wat die afgelope paar jare in hul ouerhuis en lewe gebeur het.

Hulle het jou nodiger as ooit tevore. Saam as ’n enkelouergesin sal julle meer vir mekaar kan beteken as om op tegnologie staat te maak om mekaar oor ’n groot afstand te steun.

Egskeidings eis ook finansieel ’n tol.

?Jy sal eers wanneer die egskeiding afgehandel en jou finansiële situasie bestendiger is met die leiding van ’n finansiële kenner kan besluit oor waar die vooruitsigte vir jou as enkellopende broodwinner die beste is. Werk in Suid-Afrika raak ál skaarser.

Gebruik intussen die tyd om berading te kry sodat jy sterk genoeg sal wees om goeie langtermynbesluite te kan neem.

’n Vakansie in Suid-Afrika kan jou die nodige perspektief gee oor hoe sake vorentoe sal staan wat jou steunstelsel hier asook werkvooruitsigte betref. Bring jou kinders saam as jy kan en versterk ou familiebande.
30 Augustus 2019
Kyk in die indeks van onderwerpe om vas te stel of jou vraag nie reeds beantwoord is nie. Liewe Elize kan ongelukkig nie alle vrae beantwoord nie. Van die lesersvrae sal ook in Huisgenoot-tydskrif verskyn en daar beantwoord word.
13 Mei 2021 Jongste uitgawe

Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.

TEKEN IN
Nuusbrief & kosnuusbrief

Teken in vir ons daaglikse nuusbrief & weeklikse kosnuusbrief!

TEKEN IN
Pasmaats
Alleenloper soek metgesel
Alleenloper soek metgesel
Eerlik en opreg, hou nie van konflik nie, regverdigheid en menslikheid is belangrik. Hou daarvan om mense gelukkig te sien. Hou van buite lewe en natuur.
Besigtig profiel
Ons wil jou storie hoor
Het jy 'n storie van hoop, 'n besondere lewensles, 'n vreemde ervaring, lekkerlag-staaltjie of sommer net iets wat jy op die hart het.
DEEL JOU STORIE