Vraag: VERGIFNIS HET MY HUWELIK GERED
Ek lees gereeld van huweliksontrouheid in jou rubriek. Ek wil mans verseker dis nie nodig om van hul vrou te skei as sy ontrou was nie. ’n Mens kan so iets te bowe kom. Die grootste probleem lê by vergifnis. Ek kan almal verseker dis moontlik, maar nie maklik is nie.
Toe ek en my vrou getroud is, was sy seksueel ervare en ek nie. Ons het ’n goeie huwelik en reeds kinders gehad toe ek in die buiteland moes gaan werk het. Ek het iemand gevra om haar te help wanneer nodig en hulle het in ’n seksuele verhouding beland. Ek het dit uitgevind en albei saam gekonfronteer, maar nie veel meer inligting by hulle gekry nie. Ek’t haar voor ’n ultimatum gestel en sy het gekies om by my te bly, al was sy lief vir hom.
Ek het aan albei gesê ek het hulle vergewe. Ek het toe reeds besluit ek het haar so lief dat egskeiding geen opsie is nie. Daarby het ek met ons troue ’n eed afgelê om haar deur goed en sleg te ondersteun. Dit is makliker om van so iets te vergeet as jy behoorlike inligting daaroor het. In my geval het ek oor die waarheid van hul mededelings getwyfel. Nou, ná meer as 30 jaar, het ek die man weer opgespoor en ons het daaroor gepraat. Met dié inligting kon ek meer vrede kry.
Ons het nou al ons goue bruilof gevier en is steeds gelukkig. Met ’n ­positiewe gesindheid, vergewensgesindheid en ’n sterk geloof kan enige probleem oorkom word.
Deur: H op K18 Januarie 2021 2397 keer gelees
Antwoord
Huweliksontrouheid is ’n ingewikkelde uitdaging met weinig basiese reëls wat vir alle verhoudingspare geld, maar vergifnis bly een daarvan. Om te wonder wat werklik gebeur het, kan dit vir die verkulde verhoudingsmaat moeiliker maak om so ’n ervaring volkome te verwerk. Jy kon kophou, maar selfs dekades later wil jy steeds die legkaart voltooi. Ander verhoudingsmaats verkies om net die nodigste te weet, want juis dié beelde van ontrouheid kan by hulle spook. Dankie vir jou leiding. Ek leer vandag by jou.
18 Januarie 2021
Kyk in die indeks van onderwerpe om vas te stel of jou vraag nie reeds beantwoord is nie. Liewe Elize kan ongelukkig nie alle vrae beantwoord nie. Van die lesersvrae sal ook in Huisgenoot-tydskrif verskyn en daar beantwoord word.
4 Maart 2021 Jongste uitgawe

Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.

TEKEN IN
Nuusbrief & kosnuusbrief

Teken in vir ons daaglikse nuusbrief & weeklikse kosnuusbrief!

TEKEN IN
Pasmaats
Kom reis saam my
Kom reis saam my
Ek sal die beste uit haar bring. ek hou van reis. saam mense kuier. Lewe is te kort. moet volheid lewe
Besigtig profiel
Ons wil jou storie hoor
Het jy 'n storie van hoop, 'n besondere lewensles, 'n vreemde ervaring, lekkerlag-staaltjie of sommer net iets wat jy op die hart het.
DEEL JOU STORIE