Vraag: VERLIEF OP DOGTER SE EKS

My dogter en haar kind se pa het nie getrou nie. Sy het nou ’n verhouding met iemand anders.

My man is al vyf jaar oorlede. Nou het ek verlief geraak op my kleinkind se pa en hy is ook lief vir my. 

k dink ons verhouding is verkeerd. Tog gaan ek telkens na hom terug.

Hoe maak ek ’n einde daaraan?

Deur: HJ op KP13 September 2018 6942 keer gelees
Antwoord
Doen wat jou gemoedsvrede gee. As die stem in jou binneste voel iets is nie pluis nie, sal die gevoel nie wyk nie. 

Maak liewer ’n skoon breuk. Doen hierdie stap sonder dat ander verhoudings soos dié tussen jou kleinkind en haar pa skade ly.

Een van die maniere om werklik uit ’n verhouding los te kom, is om uit ou gedragspatrone weg te breek. Moet byvoorbeeld nie meer vir hom SMS’e stuur nie en vermy plekke waar hy sal wees.

Fokus op ander vriendskappe. Gaan drink saam met jou dogter ’n koppie koffie en versterk jou bande met haar en jou kleinkind.


25 Oktober 2018
Kyk in die indeks van onderwerpe om vas te stel of jou vraag nie reeds beantwoord is nie. Liewe Elize kan ongelukkig nie alle vrae beantwoord nie. Van die lesersvrae sal ook in Huisgenoot-tydskrif verskyn en daar beantwoord word.
25 April 2019 Jongste uitgawe

Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.

TEKEN IN
Nuusbrief & kosnuusbrief

Teken in vir ons daaglikse nuusbrief & weeklikse kosnuusbrief!

TEKEN IN
Pasmaats
Liefde
Liefde
Eerlik opreg en baie netjies op myself . Hou van motorsport , sqaush en gym . Geniet motorskoue en antique fairs , braai en kuier saam vriende .
Besigtig profiel
Ons wil jou storie hoor
Het jy 'n storie van hoop, 'n besondere lewensles, 'n vreemde ervaring, lekkerlag-staaltjie of sommer net iets wat jy op die hart het.
DEEL JOU STORIE