Vraag: VERWAG ALTYD DIE ERGSTE
Ek is onseker van myself, want ek dink gou aan die ergste uitkoms vir ’n situasie, veral wanneer ek aan die toekoms dink. Dinge het nog nie eens gebeur nie, dan sien ek reeds die einde in my kop. Ek weet nie eens altyd dat ek dit doen nie, maar mense wys my daarop. Dis erg, want ek kry nie my kop stil nie en dit keer my om te slaap. My werk maak my nie gespanne nie. Ek is in my dertigs en getroud. Dit begin my frustreer en ek haal dit op mense uit. Ek ontplof. Wat doen ’n mens?
Deur: Anonymous07 Mei 2021 1112 keer gelees
Antwoord
Wanneer ’n mens geneig is om altyd die ergste te verwag, skep jy onnodig vir jouself vrese. Sulke rampdenke kan jou lamlê en tot ’n swaarmoedigheid lei wat jou elke keer die bobbejaan agter die bult laat haal.
Hierdie denke verskil van ander angstige denkpatrone, omdat dit herhaaldelik voorkom en elke keer oor dieselfde tema gaan.
Met rampdenke laat elke foutjie wat jy by die werk maak, jou dink jy gaan jou werk verloor, nooit weer werk kry nie, en op straat sit. Met angsdenke bekommer jy jou meer oor jou huidige situasie of ’n enkele aspek daarvan.
Angs het soms die nut dat dit ’n mens tot aksie aanspoor, veral as jy jouself moet beskerm. Maar met rampdenke is jy in ’n stroomversnelling op pad na nêrens.
Om ’n nuwe manier van denke en optrede te vestig is die enigste teenvoeter.
Slegs wanneer sulke negatiewe denkpatrone uit ’n erge angssteuring of depressie voortvloei, kan dit met medikasie behandel word. ’n Sielkundige of berader kan jou wel negatiewe gedagtepatrone help verbreek.
Soos jy sekerlik weet, glip jy vinniger by die stroom van negatiewe denke in wanneer jy moeg is. Werk voorkomend. Sorg dat jy genoeg slaap kry. Dit kan help om oor naweke ook ’n middagslapie in te pas.
Om meer bewustelik in die oomblik te leef, help soms. Wanneer die rampgedagtes begin, tel vyf dinge af wat jy kan sien, hoor, ruik, voel en proe. Dit is ’n eenvoudige manier om jou gedagtes in ’n ander rigting te stuur.
07 Mei 2021
Kyk in die indeks van onderwerpe om vas te stel of jou vraag nie reeds beantwoord is nie. Liewe Elize kan ongelukkig nie alle vrae beantwoord nie. Van die lesersvrae sal ook in Huisgenoot-tydskrif verskyn en daar beantwoord word.
17 Junie 2021 Jongste uitgawe

Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.

TEKEN IN
Nuusbrief & kosnuusbrief

Teken in vir ons daaglikse nuusbrief & weeklikse kosnuusbrief!

TEKEN IN
Pasmaats
Funny and outgoing
Funny and outgoing
Ek is n baie aosialle mens hou van uitgaan mense teontmoet Hou ook van buite lewe motorfiets ry plekker verken
Besigtig profiel
Ons wil jou storie hoor
Het jy 'n storie van hoop, 'n besondere lewensles, 'n vreemde ervaring, lekkerlag-staaltjie of sommer net iets wat jy op die hart het.
DEEL JOU STORIE