Vraag: VRAE NÁ COVID OUMA EIS
My ma en pa is albei aan siektes oorlede. Ek en my broer het nie maklik grootgeword nie, want daar was mishandeling en verwaarlosing en ons was dikwels in my ouma se sorg. Ek en my broer het later ook vervreemd geraak oor sy losbandige leefstyl. My ouma het nou aan covid-19 gesterf. Ons kon nie groet nie. Ek is getroud en het ’n werk. Ek weet nie of ek nou al my lewensbesluite moet begin verander nie.
Deur: H op K19 Maart 2021 2256 keer gelees
Antwoord
Sterftes weens covid-19 en die verliese wat families daardeur ly, is ingewikkeld. Boonop rou elkeen van ons op ’n unieke manier. Elke nuwe verlies kan ’n mens ook ou verliese laat herleef, veral as jy nie jou gevoelens daaroor verwerk het nie.
Skuif nou doelbewus gedagtes aan jou broer, jou ouers en jul verlede eenkant toe en hanteer eers die rou oor jou ouma.
Wees sag met jouself en hou die werklikhede tydens die coronakrisis in gedagte, soos dat kontak tydens die inperking moeiliker en met tye selfs verbied was. Stel doelwitte vir elke dag, al is dit net om ’n tydjie saam met iemand deur te bring wat verstaan wat jy deurmaak. Jy het jou huweliksmaat dalk nou nodiger as ooit.
Om jou lewe te herbou sonder ’n steunpilaar soos jou ouma is nie maklik nie. Jy kan haar bydrae tot jou lewe vier op ’n manier wat sy sou waardeer het. Sy het jou dalk in jou geloofslewe gesterk. Hou daaraan vas.
Mettertyd sal jy dalk kans sien om weer ander aspekte van jou lewe onder die soeklig te plaas, maar wag met enige groot besluite tot jou emosies nie meer dreig om jou te oorweldig nie
19 Maart 2021
Kyk in die indeks van onderwerpe om vas te stel of jou vraag nie reeds beantwoord is nie. Liewe Elize kan ongelukkig nie alle vrae beantwoord nie. Van die lesersvrae sal ook in Huisgenoot-tydskrif verskyn en daar beantwoord word.
13 Mei 2021 Jongste uitgawe

Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.

TEKEN IN
Nuusbrief & kosnuusbrief

Teken in vir ons daaglikse nuusbrief & weeklikse kosnuusbrief!

TEKEN IN
Pasmaats
Men's lewe net een keer, laat ons die Beste davan maak 😊
Men's lewe net een keer, laat ons die Beste davan maak 😊
Eks Mal oor die natuur en buitelewe. Geniet om tyd saam Vriende te spandeer. Lewe te geniet tenvolle. Kom ons maak die Beste van vandag.
Besigtig profiel
Ons wil jou storie hoor
Het jy 'n storie van hoop, 'n besondere lewensles, 'n vreemde ervaring, lekkerlag-staaltjie of sommer net iets wat jy op die hart het.
DEEL JOU STORIE