Vraag: WAS EK REG OM HOM TE LOS?
Dis so vreemd, maar ek voel glad nie goed nadat ek ons verhouding beëindig het nie. Ek het gedink ek sal beter voel. Ons was nogal lank saam en het weer en weer probeer. Ek dink ek het uit­gemaak omdat ek gevoel het ons verhouding is sleg vir my. Ek was altyd hartseer, ontsteld en is by sy familie se dramas ingetrek. Hoe weet ’n mens jy was reg om iemand te los?
Deur: Anonymous16 Maart 2021 2243 keer gelees
Antwoord
Dit is normaal om oor die einde van ’n verhouding te twyfel as jy die een was wat weggestap het. Die verantwoordelikheid van hierdie besluit opsigself kan nog lank daarna stres veroorsaak.
Hierdie twyfel hang ook saam met die vraag: Wat nou? Dis nie net jou nuut­gevonde status as enkellopende wat jou emosioneel kan ontwrig nie; dis ook die feit dat jy ’n nuwe toekoms vir jouself moet beding.
Moenie dat hierdie onsekerheid jou keer om die redes uit te pluis waarom jy die verhouding verbreek het nie.
Om ’n duideliker prentjie daarvan te kry, maak ’n lys van die slegte sowel as die goeie tye saam. Teken die tye aan dat jy wel voorkeur in sy lewe geniet het, maar ook die kere dat jy tweede viool moes speel. Liefde beteken om jou maat eerste te stel en aan hul behoeftes voorkeur te gee.
Jou onsekerheid kan ook daaruit spruit dat jy iemand is wat dit geniet om in ’n verhouding te wees. Dan bied die ver­houding sekuriteit, wie ook al die maat is. Maar alleenheid is geen rede om dadelik weer by ’n ander verhouding in te glip nie. Hernu eerder ou vriendskaps­bande en kweek nuwe belangstellings.
16 Maart 2021
Kyk in die indeks van onderwerpe om vas te stel of jou vraag nie reeds beantwoord is nie. Liewe Elize kan ongelukkig nie alle vrae beantwoord nie. Van die lesersvrae sal ook in Huisgenoot-tydskrif verskyn en daar beantwoord word.
20 Mei 2021 Jongste uitgawe

Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.

TEKEN IN
Nuusbrief & kosnuusbrief

Teken in vir ons daaglikse nuusbrief & weeklikse kosnuusbrief!

TEKEN IN
Pasmaats
Beste tyd om die lewe te ervaar.
Beste tyd om die lewe te ervaar.
Ek is sonder twyfel eerlik en opreg. Ek het soms n manier om eers n verkeerde indruk te skep om sien of die ander party my regtig wil leer ken. Ek kan ń intellegente...
Besigtig profiel
Ons wil jou storie hoor
Het jy 'n storie van hoop, 'n besondere lewensles, 'n vreemde ervaring, lekkerlag-staaltjie of sommer net iets wat jy op die hart het.
DEEL JOU STORIE