Vraag: WAT KAN EK NÁ JARE SE SAAMWOON EIS?
Ek en my lewensmaat is al ’n klompie jare saam en ’n ruk verloof. Ons sou trou, maar dis uitgestel. As ons in dié stadium uitmekaar sou gaan, kan ek van sy pensioengeld eis?

Mag ek onderhoud eis? Mag ek daarop aandring dat hy vir my ’n motor koop?
Deur: I op R08 Julie 2019 5657 keer gelees
Antwoord
Wanneer ’n verlowing verbreek word, is daar vandag minder ?regte as in die verlede wat trou­breuk betref.

Volgens ’n onlangse hof­uitspraak kan jy nie meer om emosionele redes soos vir vernedering geld eis nie. Jy kan wel ’n eis teen jou gewese verloofde instel vir werklike uitgawes wat jy aangegaan het met die voorbereiding vir die huwelik.

Sonder ’n saamwoonooreenkoms het jy geen regte nie. Jy is nie geregtig op onderhoud of pensioen nie.

Met jou verloofde se dood sal jy ook nie ’n eis teen sy boedel kan instel nie, tensy jy ’n begunstigde in sy testament is. Jy gaan dus uit die verhouding stap net met dít wat jy ingebring het.

As ’n geskil oor ’n gedeelde bate ontstaan, sal jy met die regte dokumente moet bewys daardie bate behoort aan jou.

As jy ’n wesentlike bydrae tot eiendom en die verbetering daarvan gelewer het, soos met huisverbeterings, kan jy ’n eis vir onregverdige verryking instel as daardie bate aan hom alleen toegeken sou word, maar dit kan hoë regskoste meebring.

Daar kan wel uitsonderings wees, soos as ’n huis of huisverband in albei se naam geregistreer is, albei die verband betaal het of julle ’n ooreenkoms hieroor aan­gegaan het.

Ek raai aan dat jy met die hulp van ’n prokureur die situasie met bemiddeling probeer beredder om konflik te vermy.
08 Julie 2019
Kyk in die indeks van onderwerpe om vas te stel of jou vraag nie reeds beantwoord is nie. Liewe Elize kan ongelukkig nie alle vrae beantwoord nie. Van die lesersvrae sal ook in Huisgenoot-tydskrif verskyn en daar beantwoord word.
16 Julie 2020 Jongste uitgawe

Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.

TEKEN IN
Nuusbrief & kosnuusbrief

Teken in vir ons daaglikse nuusbrief & weeklikse kosnuusbrief!

TEKEN IN
Pasmaats
Opsoek na liefde
Opsoek na liefde
Liefdevol. Ek hou van die natuur en buitelewe. Ek is ook iemand wat omgee en ander altyd sal help waar ek kan.
Besigtig profiel
Ons wil jou storie hoor
Het jy 'n storie van hoop, 'n besondere lewensles, 'n vreemde ervaring, lekkerlag-staaltjie of sommer net iets wat jy op die hart het.
DEEL JOU STORIE