Vraag: WERKLOOS EN MOEDELOOS
Ek sukkel om werk te kry. Ek is oor 30 en het net gr. 11, want ek kon nie die skoolgeld bekostig nie.

Toe los ek skool en begin werk. Ek kon nog nooit ’n goeie werk kry nie. As ek ’n goeie werk kan kry, sal ek my matriek deur die pos kan doen.

Almal dink omdat ek nie matriek het nie, is ek dom. Niemand wil ’n mens ’n kans gee nie.

Wat moet ek doen?
Deur: Radeloos op P01 November 2018 1691 keer gelees
Antwoord
Wat is fout met my? is een van die vrae wat die meeste by werkloses spook. Dit lei tot ’n swak selfbeeld en eindelose frustrasie. 

Dit help om doelwitte vir jouself te stel. As eerste doelwit moet jy jou droom verwesenlik om ’n matrieksertifikaat te verwerf. 

Dit is prysenswaardig dat jy dit oor die pos wil doen, maar nie almal is vir afstandleer gemaak nie. 

Aanlyn leer is deesdae ’n goeie manier om jou matriek as volwassene te verwerf. 

Leerprogramme vir volwassenes sonder matriek word op abet.co.za bespreek. Daar is ook inligting oor beursskemas. 

Dikwels word die soort betrekkings waarvoor jy in aanmerking kan kom, nie in die tradisionele arbeidsmark geadverteer nie. 

Jy sal daarom mense in jou vriendekring en in jou vriende se vriendekring moet uitvra oor werkgeleenthede pleks daarvan dat jy net die koerante dophou. 

Dit help ook om ’n onderneming te nader wat jy dink dalk in die toekoms werk sal hê en jou naam en CV daar te los. 

* Daar is goeie wenke en leidrade vir werkgeleenthede by careerswithoutmatric.co.za

Ek bewonder jou deursettingsvermoë en wens jou net die beste toe.
01 November 2018
Kyk in die indeks van onderwerpe om vas te stel of jou vraag nie reeds beantwoord is nie. Liewe Elize kan ongelukkig nie alle vrae beantwoord nie. Van die lesersvrae sal ook in Huisgenoot-tydskrif verskyn en daar beantwoord word.
4 Maart 2021 Jongste uitgawe

Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.

TEKEN IN
Nuusbrief & kosnuusbrief

Teken in vir ons daaglikse nuusbrief & weeklikse kosnuusbrief!

TEKEN IN
Pasmaats
Lojaal en eerlike man
Lojaal en eerlike man
Rustige persoon wat hou van rondry, shows bywoon, redelik genoeg gekamp en 4x4 trips gedoen. Geniet om te fliek en uit te eet.
Besigtig profiel
Ons wil jou storie hoor
Het jy 'n storie van hoop, 'n besondere lewensles, 'n vreemde ervaring, lekkerlag-staaltjie of sommer net iets wat jy op die hart het.
DEEL JOU STORIE