Vraag: WIE MOET STROOIMEISIE WEES?
Ek trou binnekort en het geen susters nie.

Moet ek my toekomstige skoonsussie vra om my strooimeisie te wees?
Deur: CO (SMS)21 September 2018 848 keer gelees
Antwoord
Al gaan jul troudag eerstens oor julle twee as die gelukkige paartjie, is dit ’n dag wat jy dramavry en sonder enige kwade gevoelens wil hou. 

Dink mooi na oor hoe jul keuse die emosies op die troudag en jul toekomstige verhoudings gaan beïnvloed. 

Sal jou verloofde se familie afgehaal wees as jy nie jou aanstaande skoonsuster kies nie? 

En hoe gaan dit jou verhouding met jou skoonouers raak? Bespreek dit deeglik met jou verloofde. 

Moenie haar vra om jou strooimeisie te wees as sy van die bakleierige soort is of werklik nie die tyd daarvoor het nie. 

In die laasgenoemde geval kan jy haar vra om ’n ander stresvrye troutaak te verrig. 

Geniet jou troudag!
30 Oktober 2018
Kyk in die indeks van onderwerpe om vas te stel of jou vraag nie reeds beantwoord is nie. Liewe Elize kan ongelukkig nie alle vrae beantwoord nie. Van die lesersvrae sal ook in Huisgenoot-tydskrif verskyn en daar beantwoord word.
27 Februarie 2020 Jongste uitgawe

Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.

TEKEN IN
Nuusbrief & kosnuusbrief

Teken in vir ons daaglikse nuusbrief & weeklikse kosnuusbrief!

TEKEN IN
Pasmaats
Lewe met vreugde en geniet! Wees dankbaar en doen goed aan ander.
Lewe met vreugde en geniet! Wees dankbaar en doen goed aan ander.
Ek hou van natuur en geniet goeie geselsies. Lewe is wonderlik en glo ons moet als positief vat al lyk dit soms onmoontlik.
Besigtig profiel
Ons wil jou storie hoor
Het jy 'n storie van hoop, 'n besondere lewensles, 'n vreemde ervaring, lekkerlag-staaltjie of sommer net iets wat jy op die hart het.
DEEL JOU STORIE