Vraag: WIL NIE KANT KIES VIR PA OF MA
My ouers gaan skei. Ek is op hoërskool, en dit is vir my baie moeilik, want almal
verwag ek moet iemand se kant kies. Ek kan nie. Niemand dink dat ek ook hieroor dink en maar moet vat wat na my kant toe kom nie. My pa wil nie langer by ons bly nie. My ouers wou lankal skei, maar toe trek my ma die saak terug omdat sy nie alles kon kry wat sy wou gehad het nie. Nou het die saak weer begin, en my pa kla heeltyd by my. Ek wil gaan studeer.
Deur: H op T17 Desember 2020 2009 keer gelees
Antwoord
Dis op enige ouderdom moeilik om jou ouers se egskeiding te hanteer, en die vloeibare emosies in die tienerjare maak dit geensins makliker nie.
Ouers moet daarteen waak om tieners se emosionele volwassenheid te oor­skat. In so ’n situasie word daar dikwels verkeerdelik gedink omdat tieners al ouer is, word hulle nie so diep soos jonger kinders deur ’n egskeiding geraak nie.
Jy kan dit vir jouself makliker maak deur te besef wat nou tussen jou ouers gebeur, asook die gebeure van die verlede, is nie jou skuld nie.
Ouers sal dikwels tydens ’n egskeiding nalaat om hul kinders se insette te vra omdat hulle dink dat hulle die kinders hierdeur beskerm. Maar dan word hul kinders se behoeftes juis nie in ag geneem nie.
Sê vir hulle as hulle jou wil beskerm, moet hulle ’n paar dinge in jul verhouding in ag neem:
1. Jy wil nie hul beste vriend of ver­troueling wees nie.
2. Hulle moenie van jou verwag om kant te kies nie – hulle albei bly jou ouers.
3. Vra hulle om nie feite te verswyg wat jou lewe gaan raak nie.
4. Vra dat hulle minder oor hulself en hul gevoelens moet praat, maar meer aan jou moet verduidelik hoe dinge vorentoe gaan werk wat onderhoud betref en veral geld vir jou verdere studie, asook kontak met die ouer wat uit die huis trek.
5. Probeer intussen ’n eie, nuwe roetine vestig en vra hulle om dit te respekteer, ook wanneer reëlings vir besoeke by die ander ouer getref word.
6. As hulle jou guns met geskenke probeer wen, vra dat hulle eerder geld vir jou studie spaar.
17 Desember 2020
Kyk in die indeks van onderwerpe om vas te stel of jou vraag nie reeds beantwoord is nie. Liewe Elize kan ongelukkig nie alle vrae beantwoord nie. Van die lesersvrae sal ook in Huisgenoot-tydskrif verskyn en daar beantwoord word.
15 April 2021 Jongste uitgawe

Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.

TEKEN IN
Nuusbrief & kosnuusbrief

Teken in vir ons daaglikse nuusbrief & weeklikse kosnuusbrief!

TEKEN IN
Pasmaats
Ontdekker soek mede ontdekker vir sy ondekkingsreis.
Ontdekker soek mede ontdekker vir sy ondekkingsreis.
Ek is 'n humoristiese, dog erenstige mens, geniet dit om mense se siele uit te trek en die humor in situasies te sien, het 'n passie om mense te ondersteun en te lei...
Besigtig profiel
Ons wil jou storie hoor
Het jy 'n storie van hoop, 'n besondere lewensles, 'n vreemde ervaring, lekkerlag-staaltjie of sommer net iets wat jy op die hart het.
DEEL JOU STORIE