Vraag: WIL SY MY KÊREL AFROKKEL?
Ek het iemand met geld en vriendskap gehelp terwyl sy in ’n moeilike verhouding was.

Toe ek my kêrel aan haar voorstel, het sy blitsvinnig sy nommer gekry. Sy WhatsApp hom nou gereeld en lewer kommentaar op sy Facebook-statusse.

Sy sien niks verkeerds daarmee nie en hy ook nie.

Wat dink jy?
Deur: GH op QN 21 September 2018 4564 keer gelees
Antwoord

Hierdie mens is geen vriendin van jou nie.

Daar is ’n onuitgesproke kode onder vroue, en as vriendinne nie daarby hou nie, kan hulle nie die voorreg van jou vriendskap geniet nie. 

Die kode bepaal onder meer: 

* Jou vriendin se kêrel is verbode vrugte. Jy gee voor hy is deursigtig en behoort nie tot die teenoorgestelde geslag nie. 
* Jy moet jou vriendin se toestemming kry voor jy vir haar eks mag begin ogies maak en selfs dan moet jy eers ’n paar maande wag. 
* Vertel haar dadelik as haar kêrel enigsins toenadering tot jou soek. 
* Moenie eens daaraan dink om hom op enige manier te kontak nie. Jul vriendskap is altyd belangriker as enige man se terloopse of tydelike aandag.
30 Oktober 2018
Kyk in die indeks van onderwerpe om vas te stel of jou vraag nie reeds beantwoord is nie. Liewe Elize kan ongelukkig nie alle vrae beantwoord nie. Van die lesersvrae sal ook in Huisgenoot-tydskrif verskyn en daar beantwoord word.
24 Oktober 2019 Jongste uitgawe

Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.

TEKEN IN
Nuusbrief & kosnuusbrief

Teken in vir ons daaglikse nuusbrief & weeklikse kosnuusbrief!

TEKEN IN
Pasmaats
Comeflywithme
Comeflywithme
Ek is n liefdevol, eerlik, onafhangklik, hou van lag en rondreis. Ek hou ook van stap vir ontspanning en om tyd te spandeer saam met my lewensmaat.
Besigtig profiel
Ons wil jou storie hoor
Het jy 'n storie van hoop, 'n besondere lewensles, 'n vreemde ervaring, lekkerlag-staaltjie of sommer net iets wat jy op die hart het.
DEEL JOU STORIE