Vraag: WIL WEER ’N MA VIR HAAR KROOS WEES
Ek en my kinders is weens mishandeling in ’n skuilhuis geplaas. My man is daarna dood en ek moes vir die kinders ’n toevlug by ’n familielid van my kry.

Welsynwerkers het toe die kinders van my weggeneem en by pleegouers geplaas, maar hulle is ook daar weggeneem en in ’n weeshuis opgeneem.

Dit het alles oor ’n lang tyd gebeur waarin ek dwelms gebruik en kêrels gehad het.

In ’n stadium kon ek my kinders sien en kontak, maar nou mag ek nie meer nie, al is ek dwelmvry en het ek by my kêrel ingetrek. Ek verstaan dit nie.
Deur: J op Y06 September 2019 2808 keer gelees
Antwoord
Wanneer welsynwerkers ter wille van kinders se welstand intree, volg ’n proses, en die landdros in die kinderhof het dan die finale sê, nie die welsynwerker nie.

Elke saak word op sy eie meriete beoordeel op grond van die feite voor die hof. In ernstige gevalle van veral dwelmmisbruik kan die hof ­beslis dat die kinders in die sorg van ­ander geplaas word.

Die kinderhof beskou dit in ’n ernstige lig as ’n ouer tevore toegelaat het dat kinders aangerand word, nagelaat het om hulle behoorlik te onderhou of hulle gereeld skool toe te stuur.

As jy jou kinders weer in jou sorg wil hê, sal jy eers moet kan bewys jy is as ouer bevoeg om hulle op ’n volhoubare manier te beskerm en ook dat jy verantwoordelik genoeg is om nie jou gedrag te herhaal wat daartoe gelei het dat hulle in ’n plek van veiligheid geplaas is nie.

Moenie die welsynwerker daarvoor blameer nie, want dit kan sake net vir jou moeiliker maak.

Misverstande kan maklik hartseer ­veroorsaak.

Kontak weer die welsyn­werker wat die saak hanteer en maak ­seker of jy die regte feite het oor wanneer en in watter omstandighede jy jou kinders weer sal mag kontak. Sorg dat jy weet wat van jou verwag word.

Dit gaan meer as twee of drie maande se sogenaamde ”goeie” gedrag van jou verg. Jou kinders se welstand moet eers­tens in ag geneem word.

Welsynwerkers werk binne ’n raamwerk, en as jy dit verstaan, kan jy doel­gerig daaraan werk om ’n beter en hegter verhouding met jou kinders op te bou.
06 September 2019
Kyk in die indeks van onderwerpe om vas te stel of jou vraag nie reeds beantwoord is nie. Liewe Elize kan ongelukkig nie alle vrae beantwoord nie. Van die lesersvrae sal ook in Huisgenoot-tydskrif verskyn en daar beantwoord word.
9 April 2020 Jongste uitgawe

Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.

TEKEN IN
Nuusbrief & kosnuusbrief

Teken in vir ons daaglikse nuusbrief & weeklikse kosnuusbrief!

TEKEN IN
Pasmaats
Kom ons dans
Kom ons dans
Juf, laat my toe om met jou te dans. kom ons dans saam die dans van die lewe. ek wag vir jou.
Besigtig profiel
Ons wil jou storie hoor
Het jy 'n storie van hoop, 'n besondere lewensles, 'n vreemde ervaring, lekkerlag-staaltjie of sommer net iets wat jy op die hart het.
DEEL JOU STORIE