15 maande ná haar Olimpiese atleet-man se dood skenk vrou geboorte aan hul baba

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Dit is meer as ’n jaar sedert hy in ’n hengelongeluk dood is, maar sy vrou het nou geboorte gegee aan hul kind.
alex pullin
Die Olimpiese atleet Alex Pullin. Foto: Getty Images/Gallo Images

Die Australiese Olimpiese sneeuplankryer Alex “Chumpy” Pullin is 15 maande gelede dood toe hy in Julie 2020 gaan visvang het. Hy was 32. 

Sy vrou, Ellidy Pullin, het sy sperm ná sy dood uit sy liggaam laat onttrek en met in vitro-bevrugting swanger geword.

Ellidy het foto’s van haar en Alex se kleinding op Instagram gedeel nadat sy verlede Maandag geboorte gegee het aan hul eersteling. 

Hul dogter heet Minnie Alex Pullin, en sy is presies waaroor die paartjie gedroom het: Ellidy het bekend gemaak dat sy en Alex vir jare daaroor gedroom het om ’n kind te kry. 

Ellidy het ook haar hele swangerskapreis op Instagram gedeel nadat sy bekend gemaak het dat sy in vitro-bevrugting gebruik het om swanger te raak. 

“Ek en jou pa het vir jare oor jou gedroom,” skryf sy.  

“Dit is my eer om uiteindelik ’n stukkie van Chumpy weer terug in die wêreld te verwelkom,” het sy geskryf.

Ellidy het ook bekend gemaak dat sy en Alex gesukkel het om swanger te raak en dat hulle in vitro-bevrugting oorweeg het. Sy het net nooit gedink dat sy ’n swangerskapreis alleen sou aandurf nie. 

Alex het Australië in drie Winterspeles verteenwoordig en het sy landsvlag by die Sochi 2014-spele gedra. 

Hy was besig met spieshengel aan die Gold Coast toe hy verdrink het. 

Bronne: Sky News, NZ Herald, Instagram

Teken hier op ons nuusbriewe in:

Kry die dag se sterkste stories, die week se lekkerste resepte, die maandelikse nuus oor modes, boeke, skoolsake en hartsake. Teken nou in!

Jongste uitgawe

27 Januarie 2021

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees