Pieter Schoeman het in Mei begin koorsig en lyfseer voel, maar hy het gedink hy het covid-19 opgedoen.
“Hy het vir ’n covid-toets gegaan, maar die resultaat was negatief,” sê sy ma, Linda.
Pieter het die bytmerk aan sy been opgemerk, maar gedink dit is ’n ingroeihaar of puisie. Maar toe die bytmerk erger raak, het hy onraad begin vermoed.