Vyftig jaar later is sy terug in die kollig omdat die hoogste hof in die Verenigde State op die punt is om haar saak – Roe v. Wade – om te keer.
Die meeste mense ken die naam Norma McCorvey van geen kant af nie. Maar in Amerika weet amper almal van “Jane Roe”.
Dis die skuilnaam wat Norma gebruik het toe sy ’n regsuitdaging aangepak het wat gelei het tot die Roe v. Wade-uitspraak van die Amerikaanse hooggeregshof wat beslis het alle vroue in dié land het die reg om ’n aborsie te ondergaan.