Deel

Aftreeoord-twis: Hof las vrou móét uit, maar sy voorspel ‘moeilikheid’

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Beverley-Ann Shahia weier om uit die aftreeoord te trek.
Beverley-Ann Shahia weier om uit die aftreeoord te trek.
Fani Mahuntsi

“Nee,” hoor jy ’n kwaai stem aan die ander kant van die lyn, “want ek gaan nêrens nie,” sê Beverley-Ann Shahia (72).

Die hooggeregshof in Bloemfontein het onlangs gelas Beverley-Ann moet teen Vrydag haar eenheid ontruim nadat haar aansoek om verlof tot appèl teen ’n uitsettingsbevel misluk het.

Huisgenoot het vroeër oor die twis tussen Beverley-Ann en die dienende raad van Welkom Retirement Village berig. Die raad beskuldig Beverley-Ann van misbruik van geld gedurende haar ampstermyn en dat sy boeliegedrag en intimidasie teenoor ander inwoners getoon het. Sy ontken egter al die bewerings teen haar en sê haar huis word met afguns bejeën omdat dit ruimer en geriefliker is as van die ander huise in die kompleks.

Toe Huisgenoot Beverley-Ann ná die onlangse hofuitspraak kontak, wou sy nie veel sê nie.

Behalwe dít: “Daar wag groot moeilikheid indien die balju by my huis opdaag.” 

André Ouwerkerk wat die aansoek teen Beverley namens die raad gebring het, sê dit gaan nie net oor die uitsetting nie. “Sy het die finansiële stand van die aftreeoord in gedrang gebring. Sy het ander inwoners geterroriseer en geld verduister,” sê André.

In waarnemende regter André Berry se verslag noem hy daar is geen redelike vooruitsigte dat Beverley-Ann se beoogde appél teen sy vroeëre appél sal slaag nie. In dié bevel het hy haar ook tot ’n onwettige inwoner van die oord verklaar.

In die hofuitspraak word verder ook genoem dat Beverley-Ann glo agterstallige heffings van nagenoeg R58 820,68 het.

Sy weier glo om dié heffings te betaal. Sy het voorheen aan Huisgenoot verduidelik as jy by die oord intrek, kry jy lewensreg. Sy het toe die plek gekoop en ’n badkamer aangebou, die kombuis vergroot en ’n lapa aangebou. 

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Jongste uitgawe

8 Junie 2023

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees