“Paparazzi.”
Baie mense, veral beroemdes se skakelbeamptes, raak so ’n bietjie warm onder die kraag wanneer hulle die woord hoor. Hulle dink ons maak die lewe vir ander mense moeilik, maar min mense weet hoe hard ’n paparazzo moet werk (ongewone ure, waaghalsstreke en soms ’n paar klappe van kwaai lyfwagte) om die foto’s te kry waaraan aanhangers hulle so in tydskrifte verkyk.
Nadat ek in 2008 ’n paar gesogte steelfoto’s van prins Harry bekom het, het Huisgenoot my vier jaar lank as paparazzo laat werk.