En daar staan ek toe tussen ’n paar duisend eksentrieke, raserige mense – talle van hulle in Michael Jackson-kostuums – en ’n traan rol oor my wang.
Hoe het ek hier gekom? Ek het die opdrag net ’n paar dae tevore gekry: Pak in; jy gaan Los Angeles toe. Die koning van pop is dood en hy gaan op sy landgoed, Neverland, begrawe word.
Enige reis na Amerika is ’n avontuur, maar waar ek op kantoor staan nadat ek pas gehoor het ek gaan Michael se begrafnis bywoon, voel dit so ’n bietjie emosioneel, asof ’n sirkel voltooi is.