‘Bekende Koornhofs skei,” lui die straatplakkaat toe ek op Donderdag 14 Januarie 1993 werk toe ry.
Enigiemand wat dit sien, snap dadelik dit moet verwys na die kleurryke dr. Piet Koornhof, oud-NP-minister en oudambassadeur van Suid-Afrika in Amerika.
So is dit ook, lees ek in Die Burger toe ek op kantoor kom.