Deel

Almal se gunsteling geel beer word 90!

akkreditasie
Die wêreld se gunsteling geel beer is vandag 90 jaar oud! Winnie-the-Pooh, wat deur die skrywer A.A. Milne geskep is, se eerste storie is op 14 Oktober 1926 vir die eerste keer gepubliseer.

Die wêreld se gunsteling geel beer is vandag 90 jaar oud! Winnie-the-Pooh, wat deur die skrywer A.A. Milne geskep is, se eerste storie is op 14 Oktober 1926 vir die eerste keer gepubliseer.

Dié mylpaal in Pooh-beer se leeftyd word ook vanjaar gevier deur die bekendstelling van ’n nuwe karakter, genaamd Penguin, berig die BBC.

Penguin word aan lesers bekendgestel in die nuwe boek, Winter: In Which Penguin Arrives in the Forest, wat deur Brian Sibley geskryf is.

Dié karakter is geïnspireer deur ’n foto van A.A. Milne saam met sy seun Christopher Robin Milne wat met ’n teddiebeer en ’n speelgoed pikkewyn speel, berig The Guardian.

Dis die einste teddiebeer op die foto wat ook destyds die inspirasie vir Winnie-the-Pooh was. Van die ander karakters soos Tigger en Eeyore is ook op speelgoed gebaseer. Mense van oral oor die wêreld het Vrydag aanhalings uit die Winnie-the-Pooh-stories gedeel.

Terwyl sommige sommer net prentjies van hul gunsteling-beer op sosiale media gedeel het.

Ook Huisgenoot het ingespring:

winniethe pooh
Deel jou gunsteling-herinneringe aan Winnie the Pooh op ons Facebookblad!

heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Jongste uitgawe

30 Maart 2023

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees