Australiese kleuter steeds soek 10 dae ná sy van kampeerterrein verdwyn

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Daar word al 10 dae lank gesoek na die vierjarige Cleo Smith nadat sy vermis geraak het tydens ’n kampeerwegbreek saam met haar gesin. Foto: Facebook/Ellie Smith
Daar word al 10 dae lank gesoek na die vierjarige Cleo Smith nadat sy vermis geraak het tydens ’n kampeerwegbreek saam met haar gesin. Foto: Facebook/Ellie Smith

Cleo, haar ma, Ellie, jonger suster, Isla (10 maande), en Ellie se kêrel, Jake Gliddon, het op 15 Oktober by die Blowholes-kampeerterrein in Macleod, sowat 900 kilometer van Perth, aangekom. 

Volgens Ellie het sy Cleo die Saterdagoggend laas omstreeks halftwee gesien toe sy opgestaan het om water te drink. Toe hulle weer rondom sesuur die oggend wakker word, was Cleo skoonveld.

Australië se ABC News berig dat die ritssluiter op die gesin se tent toe was tot op ’n hoogte waarby die vierjarige Cleo dit nie sou kon bykom om oop te rits nie. Die polisie vermoed dus die kleuter is ontvoer. 

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

2 Desember 2021

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees