Avonturier al 9 dae vermis ná hy in die Drakensberge gaan stap

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
’n Ma van Secunda is rasend van bekommernis nadat haar avonturier-seun in die Drakensberge gaan stap het en nie weer gesien is nie.

“Hy móét gevind word. Ek hoop en bid dat hy ongedeerd is,” sê Madelein de Villiers. 

Haar seun, Johann van Coller (32), het op 18 Oktober besluit om ’n staptog alleen in die Drakensberge aan te pak.

Dit was ook die laaste keer dat iemand hom gesien het. Dié staptog in die Maloti-Drakensberg-wêrelderfenisgebied duur gewoonlik sewe dae en volgens Madelein moes Johann dit reeds voltooi het.  

Johann doen los werkies op plase om sy leefstyl te finansier. 

“Johann is atleties en topfiks. Hy is gewoond aan die terrein. Dit is baie ongewoon dat ’n staptog hom so lank neem.” 

Madelein sê dit is nie ongewoon vir haar seun om op die ingewing van die oomblik te besluit om ’n staptog te doen nie. 

Volgens Madelein is Johann ’n vrygees wat gedurig soortgelyke staptogte aanpak. 

“Hy wou van Kaap Agulhas tot Kilimanjaro stap, maar weens die pandemie is sy planne in die wiele gery.

“Hy is ’n absolute adrenaline junkie. Hy het al alles gedoen, van valskermspring tot roei.” Intussen is reddingspanne besig om die staproete te fynkam op soek na Johann. 

“Ek is oortuig dat hy nog lewe. Hy het die nodige ervaring vir as hy dalk ’n been gebreek het om te kan oorleef tot iemand hom gevind het. 

Teken in op ons nuusbriewe

Kry die dag se sterkste stories, die week se lekkerste resepte, die maandelikse nuus oor modes, boeke, skoolsake en hartsake. Teken nou in!

Jongste uitgawe

2 Desember 2021

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees