Avonturier steeds geheimsinnig oor sy Drakensberg-verdwyning

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Avonturier, Johann van Coller.
Avonturier, Johann van Coller.

“Wel, dalk het daar iets baie vreemds gebeur,” voeg hy by. Hy gesels oor die foon uit Johannesburg waar hy besig is om opleiding te kry as tatoeëerkunstenaar, sodat hy kan betaal vir die res van sy epiese tog Kilimandjaro toe. Hy het op 31 Januarie 2021 begin stap by die mees suidelike punt van Afrika, Kaap Agulhas. Hy trek al in Pretoria. 

Hy is atleties en topfiks. Dis net geld wat hom op die oomblik lamlê. Hy het ook al werk vir ’n modelagentskap gedoen.

Verlede jaar was hy byna twee weke lank vermis toe hy op 18 Oktober in die Maloti-Drakensberg-wêrelderfenisgebied alleen gaan stap het. Sy selfoonbattery het pap geraak en sy ma, Madelein de Villiers, was op Secunda rasend van bekommernis.

“Hy móét gevind word. Ek hoop en bid dat hy ongedeerd is,” het sy toe in ’n onderhoud met Huisgenoot gesê. Twee dae ná die onderhoud het hy by die Witsieshoek Mountain Lodge ingestap, sy selfoon gelaai en is dadelik aangesê om sy ma te bel. Sy gesig was oral op sosialemedia- platforms as ’n vermiste wat gesoek word.

“Sorry ma,” moes hy sy arme ma paai. “My ma het al baie speed bumps met my oorleef,” spot hy. “My geite kom al van ’n laaitie se dae af,” voeg hy by. Hy is ’n vrygees wat al baie soortgelyke staptogte aangepak het. Van valskermspring tot skuimwaterroei, hy het al alles gedoen.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

2 Februarie 2023

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees