Baba Mienke se ouers: Ons soek na jou tussen die sterre

akkreditasie
Duisende mense het Dinsdagoggend regstreeks ingeskakel toe klein Mienke Mulder se gedenkdiens op haar Facebook-blad uitgesaai is.

In ’n roerende afskeid het die ouers van klein Mienke Mulder Dinsdagoggend hul klein donkerkopdogter met ’n spesiale gedenkdiens in Benoni aan die Oos-Rand gegroet.

'n Foto van Ryno en Mienke tydens die roudiens. Fo
'n Foto van Ryno en Mienke op die roudiens. Foto: Facebook-skermgreep / Please Pray for Mienke
'n Foto van Verna en Mienke tydens die roudiens. F
'n Foto van Verna en Mienke op die roudiens. Foto: Facebook-skermgreep / Please Pray for Mienke

Voor in die kerk het groot ruikers van pienk en wit rose gestaan met foto’s van ma Verna en pa Ryno, by hul Mienke Pienke, soos hulle haar genoem het.

Haar ouer sussies, Zamoné (4) en Leané (7), het spesiaal "Twinkle Twinkle Little Star" vir haar gesing.

Die Mulder-gesin sing Mienke se liedjie, Twinkle t
Die Mulder-gesin sing Mienke se liedjie, "Twinkle twinkle little star". Foto: Facebook-skermgreep/Please pray for Mienke

Mienke het drie jaar gelede as baba by haar eertydse dagsorg in Mbombela aan melk verstik. Weens die gebrek aan suurstof het sy kwaai breinskade opgedoen en was sy in die jare daarna serebraal gestremd.

Hoewel Mienke nie ’n normale kinderlewe kon hê nie, was sy steeds in die oë van almal wat haar liefgehad het, volmaak. Haar ouers en sussies se harte is gebreek toe sy op 16 September in haar slaap gesterf het.
Verna het emosioneel tydens haar en Ryno se huldeblyk vertel hoe sy oor Mienke se geboorte gedroom het.

“Voor ek kinders gehad het, was een van my wense om ’n dogtertjie te hê wat nes ek lyk, en met die skok kom verras God ons met nog ’n prinses, ná Zammie se geboorte, die keer met ’n dogter wat nes ek lyk, wat my droom was van ’n donkerkop bruinoogbaba.

Foto: Facebook (Please Pray for Mienke)

“Met jou geboorte was die eerste ding wat ek gehoor het: ‘Oh my word, kyk die kind se lashes!’ Ek het ure na jou gestaar, want ek kon nie verstaan waaroor almal so praat nie, almal het mos wimpers.

“Toe die dokters en susters kom inloer, toe vra ek nog: ’Hoekom gaan almal so aan oor die lashes?’

“En die antwoord was: Babas word nie gewoonlik met wimpers gebore nie. Dis waar ek geweet het sy is ’n favourite van God.

Baba Mienke Mulder. Foto: Facebook / Please Pray for Mienke

“Mienks, jy het ons so baie geleer. Jy het ons geleer hoe om onvoorwaardelik lief te hê, geleer om te vergewe. Sonder om iets te sê, kon die hele land by jou leer. Dankie Mienke, dat jy mense nader aan mekaar gebring het, nader aan God.”

Verna en Ryno lewer hul huldeblyk. Foto: Facebook-
Verna en Ryno lewer hul huldeblyk. Foto: Facebook-skermgreep / Please pray for Mienke

Pa Ryno het hartseer vertel hoe hy elke dag met verwondering na sy jongste gekyk het: “Jou laggies het die wêreld opgehelder. Sonder om ’n enkele woord te sê, het jy boeke geskryf.”

Verna het voorts vertel oor haar sussies se hartseer: “Leané en Zammie soek elke aand na jou in die sterre. Ons harte is gebreek en die huis is so leeg sonder jou. Ek sal jou altyd onthou as my mini-me, my ou lagbekkie.

“Ons mis jou so baie, Mienke, elke sekonde van elke dag. Jy moet nou lekker eet aan die pappies wat Leané en Zammie vir jou gestuur het met ’n briefie, ons het jou lief met ’n ewige liefde.”

Die gesin steek kersies aan vir baba Mienke. Faceb
Die gesin steek kersies aan vir baba Mienke. Facebook-skermgreep/Please pray for Mienke
Baba Mienke se sussies help om haar kissie uit die
Baba Mienke se sussies help om haar kissie uit die kerk te neem. Foto: Facebook-skermgreep/Please pray for Mienke

Ryno het gesê dit is moeilik om die hoofstuk van sy kind se lewe met woorde af te sluit.

“Die emosies is ondenkbaar, met hart en siel mis ons jou, verlang ons na jou lag as ons op die hobbelgrondpad ry. Ons mis jou liggie wat jy uitgestraal het. Ons groet jou nou met ’n kieliedrukkie en sê tot siens. Tot ons mekaar weer sien.”

In ’n spesiale vertoning het die sangers Steve Hofmeyr en Demi Lee Moore ingeskakel en een van hul gunstelinge, "Amanda", gesing.

Demi Lee Moore en Steve Hofmeyr het tydens die die
Demi Lee Moore en Steve Hofmeyr het tydens die diens ingeskakel en een van Mienke se geliefde liedjies gesing. Foto: Facebook-skermgreep / Please pray for Mienke

Enigiemand wat die gesin oor die jare op Mienke se blad gevolg het, sal weet hoe lief die Mulders vir musiek is.

 
Jongste uitgawe

27 Januarie 2021

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees