Maar skril kinderlaggies, geskenkpapier wat met geesdrif oopgeskeur word en die vlonkering van kersies op ’n yslike verjaadagkoek is haar ouers nie beskore nie.
Trouens, vandag heers ’n somber stemming in die Mulder-huishouding.
“’n Kind se verjaardag is gewoonlik ’n tyd wat jy saam met die familie en geliefdes deurbring, maar vandag was vir ons bittersoet,” sê Ryno Mulder, Mienke se pa.