Tydens sy ampstermyn in die Withuis moes Barack Obama heelwat teenslae trotseer, krisisse en katastrofes hanteer, en aan die einde van die tweede termyn het hy heelwat meer grys as swart hare gehad. Maar as president van Amerika het hy nie net heeltyd gewerk nie.
In dié uittreksel uit A Promised Land, Obama se nuwe topverkoperboek, vertel hy van die ander sy van sy presidentskap: hoe dit sy privaat lewe, sy kinders en geliefde vrou geraak het. Basketbal afrig, snoeker speel en saam met die kinders lag het alles sy tyd as president gekenmerk. En hy het ook ophou rook.
Ek is deur die vooruitsig in die gesig gestaar om vir my dogter te jok of ’n slegte voorbeeld te stel. Toe bel ek die Withuis se dokter en vra hy moet vir my ’n boks nikotienkougom stuur. Dit het die probleem opgelos, want ek het nog nie weer aan ’n sigaret geraak nie.